* Werknemer: "Meneer, ek loop die einde van die maand."
Werkgewer: "Hoe het jy geweet?"
* "Jimmie, jy is afgedank," sê die baas.
"Maar ek het niks gedoen nie," protesteer Jimmie.
"Presies!" bulder die baas.
* Wat noem jy 'n boemerang wat nie werk nie?
'n Stok
* Wat is die eerste bus wat oor die Atlantiese Oseaan gevaar het?
Columbus
* Wat leer ons by Dawid en Goliat?
Om te koes vir klippe.