Wat 'n vreugdevolle dag was dit nie vandag by Resthaven nie. 'n Splinternuwe broodnodige rolstoel is vandag daar afgelewer. Aan stuur van die projek is Rina Groenewald saam met haar regterhand, Pula.
Nico Broodryk en Bea Benson was saam om met die inwoners te praat en ook om te kyk waar die nood druk.
Op die foto verskyn die kombuispersoneel, saam met Pula Leburu, links.
Kontak gerus vir Rina indien jy by die volgende projek van Resthaven betrokke wil raak.
Mag ons vandag onthou dat ons sy hande en voete moet wees vir mekaar deur gehoorsaam te wees. Dis met jou oë waardeur Hy met deernis na hierdie wêreld kyk.
Mag ons vandag onthou dat ons sy hande en voete moet wees vir mekaar deur gehoorsaam te wees. Dis met jou oë waardeur Hy met deernis na hierdie wêreld kyk.
