Vleilangs loop
En droë takkies
van geraamte struike stroop
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemel hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies
Vleilangs loop
En droë takkies
van geraamte struike stroop
-Willie van der Merwe-
[Dankie, Liz, vir die aanstuur van vreugde. Klik HIER vir die gedig.]