Friday 17 February 2023

'n Vrolike Valentynsdag by Sally Aucamp

Terug na HOME PAGE

Die Valentynsbesoekie en 'n kuieroggend het die inwoners se Valentynsdag ekstra spesiaal gemaak en gesorg vir ‘n glimlag op elkeen se gesig. 'n Boodskap uit die Bybel met die Vader se liefde as die tema, is deur Natashia gebring, terwyl Rina Groenewald en Tashia Natalie vir 'n soetigheidjie gesorg het. Dit was voorwaar ‘n verrykende oggend vir elkeen wat betrokke was.






























Valentynsvieringe gaan nie net oor romantiese liefde nie, maar eerder oor liefde vir mekaar, vir jou medemens en vir jou gemeenskap. Volgens Rina gaan liefde vir haar oor gee en uitreik, soos in Korinthiërs 13 geskryf staan en is Sally Aucamp deur die Here op haar hart gelê. Kontak haar gerus as jy betrokke wil raak. [082 447 3332]