Showing posts with label Fanie Minne. Show all posts
Showing posts with label Fanie Minne. Show all posts

Friday, 20 February 2026

Vrydag Terugflits: Sondag se nagmaal

Fanie Minne, ds. Ensie Enslin en Malan Smith
Wat simboliseer nagmaal?

* Christus se opoffering: Die brood en wyn stel Jesus se liggaam voor wat gebreek is en Sy bloed wat gevloei het vir die sonde en verlossing van mense.
* Vergifnis en genade: Nagmaal herinner Christene aan God se groot genade, vergifnis en verlossing wat vryelik deur Christus se offer gegee word.
* Eenheid en gemeenskap: Deur nagmaal te deel, wys Christene hulle eenheid en saamwees as een geestelike familie, verenig deur Christus se opoffering (1 Korintiërs 10:16–17).

Here Jesus, Dankie dat U U liggaam en bloed gegee het vir my vergifnis en nuwe lewe. Terwyl ek U opoffering deur nagmaal onthou, vul my hart met dankbaarheid, nederigheid en liefde. Vernuwe my gees, versterk my geloof, en bring my nader aan U en my broers en susters in Christus. Mag ek nooit vergeet wat U vir my gedoen het om my vry te maak nie. Amen.

Foto's: Elsa Minne

Monday, 21 July 2025

Verjaardagwense

Baie geluk met jou verjaardag, Fanie. 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Mag vreugde, vrede en seëninge deel daarvan wees. Geniet jou dag! 

Thursday, 6 June 2024

Foto's: koffiehuiskonsert (deel 2)

\

Die entoesiastiese bieërs by die uiters suksesvolle wildsveiling was Pieter Britz, Henry Weideman, Herman Combrink, Coen Visser en Marizaan du Toit (die leier).

Ds. Ensie was die goue leeu van Dutoitspan, bekend vir sy krag en dapperheid - die koning van die oerwoud. Malan Smith was die groot gesogte en trotse gemsbok wat seker die moeilikste is om te jag, die vlugvoetige, fassinerende loopvoël, algemeen bekend as die volstruis, was Dirk Marais, terwyl Jannie Stroebel die legendariese begeesterde Poenskop Bloubul was en aan stuur van die mikrofoon was die afslaer Fanie Minne. 

Ds. Ensie as The Jawning man

Ds. Ensie as Oriki
Klik HIER vir nog foto's.

Foto's: Elsa Minne

Friday, 1 April 2022

Gemeente-ete: 6 Maart 2022



Ons gemeente is lief om saam te kuier en saam te eet! En na die afgelope twee jaar van baie versigtig in ons spoor trap om nie enige Covid-reëls te oortree nie, het ons 6 Maart 2022 daarvoor vergoed deur 'n heerlike gemeente-ete te hou.

Die manne het hulle kant gebring met die smaaklike steaks, volgens individuele spesifikasies gebraai. Die braaiers wat nie bang is om 'n voorskoot om te hang nie, was Malan Smith, Fanie Minne en Jannie Stroebel. Die proefkonyn, gecoller en getie, aan die linkerkant was heel in sy skik met verloop van sake.

Heerlike bykosse en poeding het hierdie lipaflek-lekker ete voltooi. Dankie aan elke gemeentelid wat gewerk het, bydraes gemaak het en bowenal kom saameet het. Ons maak weer so Saterdagmiddag, 23 April, met die potjiekoskuier by Rooifontein, asook die volgende dag na die nagmaal (Sondag 24 April). Merk hierdie datums vroegtydig op jou kalender en kom kuier saam.

Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor: 053 0842 1100

[Foto's: Elsa Minne]