Showing posts with label Daniël. Show all posts
Showing posts with label Daniël. Show all posts

Wednesday, 20 May 2026

Mossiestilte: Dan. 12:10

Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

Daar sal verstandiges wees wat die Woord sal glo en gered word en die Verlosser sal aanvaar as die Seun van God.
Daar gaan egter ook die onverstandiges wees, wat die Woord sal bespot, of ateïste wat die leuen sal glo en die Verlosser sal verwerp.
Johannes sê dat Jesus het na sy eiendom (die mens wat Jesus geskape het) gekom en sy eiendom het hom nie aangeneem nie.
Hulle het die donker liewer gehad as die lig.
Jesus is die Lig van die wêreld.
Wees verstandig en gaan na die Lig, sodat jou werke aan die lig kan kom en duisternis kan vlug.

Here, in u Koninkryk is geen donkerte nie, net u lig. Die son en die maan en sterre sal nie nodig wees om die nuwe Jerusalem te belig nie. Jesus is die ewige lig. Ek wil met my verstand en geloof bely, U is die Seun van God Almagtig, die Vredevors en Raadsman, Ewige Vader. U het my kom red en bevry van Sonde. Amen.

Wednesday, 15 April 2026

Mossiestilte: Staan dan vas - Daniël 6:11

Hoewel hy bewus was van die koning se bevelskrif wat hom verbied het om tot sy God te bid, het Daniël drie maal op 'n dag op sy knieë geval in sy bo-kamer, met vensters wat oop was in die rigting van Jerusalem, en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy vantevore gedoen het.
(Dan 6:11)

Hy was 'n man van beginsel. 

Nee, hy was nie hardkoppig nie, en hy wou hulle ook nie wys dat hy sal maak soos hy wil en die landswette ignoreer nie; nee, maar sy begeerte om God te behaag en Sy guns te soek, was so sterk dat niks hom sou verhinder om sy godsdiens onverskrokke te beoefen nie. Hy kon maklik gesê het: "O, wel, ek sal maar later bid," of "Ek sal wag tot dit donker is," of "Ek sal 'n plekkie soek waar niemand my kan sien of hoor nie. Die Here sal mos verstaan!" Maar nee, sy eerbied en ontsag vir die Here het hom nie toegelaat om soos 'n lafaard sy pos te verlaat nie. Hy het vasgestaan.

Op sy eerste aand in die weermagkamp, het 'n jong seun by sy bed gekniel voordat hy gaan slaap. 'n Lywige korporaal het dit gesien en uitgeroep: "Vuur, manne!" Dadelik het die stewels uit alle rigtings op hom gereën, en allerhande voorwerpe het hom getref en om hom geval. Maar sonder om op te kyk, het hy voortgegaan om te bid. Daarop het die korporaal weer 'n bevel uitgeroep: "Staak vuur!" Toe iemand hom vra hoekom, was sy antwoord: "Hy kan vuur staan."

In ons tyd is standvastigheid op godsdienstige gebied iets seldsaams. Daarom is dit verfrissend om hier en daar iemand raak te loop wat nie skaam of bang is om die Bybelse standaarde te handhaaf en by sy Godgegewe oortuigings te staan of te val nie.

Sommige van ons staan vas in ons eie vleeslike sekuriteit, of in ons tuisgemaakte opinies en sienswyses. Menigeen skroom selfs nie om die saligheid van sy siel te verruil vir selfsugtige en stoflike oorwegings nie.

Mag God gee dat daar meer manne en vroue met ruggraat na vore sal kom om hulle stand vasberade en vreesloos vir die Here en Sy Woord in te neem. Dis nie kinderspeletjies nie; dis 'n oorlogsverklaring. Die vyand is sterk en genadeloos, maar ons dank God wat ons die oorwinning gee deur Jesus Christus.

Staan dan vas, die oë gevestig op Hom, ons magtige Here en opperste God.

Thursday, 19 June 2025

Dink hieroor: Legio moontlikhede ...

* As Jonas uit die vis kon kom ...

* As Daniël uit die leeukuil kon kom ...

* As Lasarus uit die graf kon opstaan ...

DAN KAN DIE HERE OOK IN JOU BEHOEFTES VOORSIEN

Sunday, 20 October 2024

Mossiestilte: Dan. 10:8,9b,17

Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.
Vers 9b 
het ek bewusteloos op my aangesig op die aarde geval.
vers 17
En hoe kan so 'n geringe kneg van my heer met so 'n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar dan nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie.

Hierdie is 'n engel van die Here wat aan Daniël verskyn het en hy het byna soos 'n dooie geword, toe sy kragte hom verlaat het vanweë die gesig by die Hiddékelrivier.
vers 19: En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en gesê: My heer kan maar spreek, want u het my versterk.
Om in menslike gedaante voor 'n engel te staan, is reeds 'n skrikwekkende ervaring, wat nog staan voor God, die Vader. 

Onse Vader hoe groot en ontsagwekkend is u aangesig en u gedaante. Hoe kan ek, u kneg, voor u ontsagwekkende heerlikheid staan? U Heilige Gees, in my, sal my staande hou, of optel as ek op my aangesig voor U neerval. Jesus Christus, het my met krag ondersteun, U gee my genade om elke dag net staande te kan bly. Aan U kom toe die heerlikheid en eer tot in ewigheid. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Sunday, 18 August 2024

Mossiestilte: Dan. 4:34

En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy 'n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.

Somtyds is ons probleme selfgeïnduseer. Dis eers wanneer ons opkyk en God weer soek in ons lewens, dan kom die volle wysheid en verstand in ons terug en ons besef, maar ons doen dinge op ons eie manier en nie volgens God se wil nie.

Dis nie lekker om platgeslaan te word deur die lewe nie. Die Heilige Gees sal ons egter nooit verlaat nie en vertroos ons gedurigdeur. Hy leer ons ook in die woord en weg van God en herinner ons aan wat God se woord sê. Wat 'n heuglike dag wanneer ons weer opkyk en God in ons lewens toelaat dat ons weer uitvind hoe goed God vir ons is en dat Hy net die beste vir ons wil gee!

Vertrou God en bid soos Nebukadnésar in vers 37, 35 en 34 hierbo: Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy verneder die wat in hulle trotsheid wandel. (Vers 35) En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom sê: Wat doen U nie?

Here, ek laat U weer toe om oor te neem in my lewe, want self, kan ek nie so vootgaan nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 6 August 2024

Griekwa-Afrikaans: Die verhaal van Daniël vertel deur 'n laerskoolkind

Die koning wil gehet het Daniël-goed moet elke tyd saam hom by die otel gan eet. Maar Danie en sy tsommies het voor die koning se man skaap verskyn om hulle se probleme uit te strek.

"Ons vra met die woord assemblief: verlos ons dat ons net groente en suurstof eet."

"Vleis is sonder sonde," sê die maan skaap.

"Vleis verwoes mens," sê Danie en sy vrienne.

"En was as die koning hoor? Netnou sê die koning dis ek wat vir julle opgesteek het."

"Maar gee ons net 'n traaimaand."

Na tien jaar word hulle ondersoek toegedien. Daniël-goed is oulik vet. Hulle was blink.

Die anderse is gevergaan. In 'n sekere mate.

Daniël-goed het gewen met die waargoedgeid.

Daar was 'n goue beeld van klui en uitsters. Toe sê die koning as daar 'n masiek speel, moet hulle neerval. Toe faal die drie nie. Die koning mak die oond vir sewe dae warm. Die engel wat hulle ingegooi het, het ook aangebrand.

Toe loop hulle gris in die vier rond.

Koning Belsasar was van yster, goud en plank. Sy hele mense het by hom kom geëet. Hy gooi wyn.

Die hand het tin die mier verdwyn en geskryfwe. Die koning se kienie kop het teen maakaar slaan waat hy die hand sien gebeer. Hyt geskrook is beewi rag. Toe sê die koning daai ene wat sê wat pitekent dit, kry purper klere van goud.

Daniël het die vers kom gelees. Hy sê dit beteken: "Koning, koning takel jy sal nie bly leev nie."

Daniël het afgedank vir die klere. 

[Bron: Afrikaanse Kloekgoed, Hetta Hager: "Die boekie is 'n weerspieëling van ons pragtige Griekwa-Afrikaans in sy eenvoudigste en ongekunsteldste vorm soos net 'n kind dit kan praat."

Klik HIER en HIER om meer van die bekende skrywer te wete te kom.]

Wednesday, 24 July 2024

Mossiestilte: Daniël 12:10

Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandige sal verstaan.

1 Kor. 2:14 - Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. + 16b Maar ons het die sin van Christus. Daniël het dus lankal geprofeteer oor hierdie woord. Neem die woord van God ernstig op en maak seker jy is verstandig in Christus. (sien 1 Kor. 4:10) God sal jou toerus vandag om verstandig te wees deur die Heilige Gees in jou.

Dankie Here, dat ek kan sien dat ek U nodig het. Sonder u Heilige Gees is ek onverstandig, want niemand weet wat in God is nie, behalwe die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. (1 Kor. 2:10). Maar met die Gees beoordeel ek wel alle dinge, maar word self deur niemand beoordeel nie (1 Kor. 2:15). Ek is duur gekoop en sal God deur my liggaam verheerlik en in my gees wat aan God behoort (1Kor. 6:20). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Tuesday, 21 May 2024

Griekwa-Afrikaans: Daniël in die leeukuil

Darius was die koning van die leeukuil.

Die koning was so dros op Daniël, hy wil hom salf as eerste minister. Die koning het mense gehet wat by hom jop. Daai mense het gejaloers op Daniël. Hulle het vir Danie met die koning aanmekaar gesteek. Al het Daniël nooit vergeert gedoen nie. Al ding hyt elke dag op sy knieë gevas. 

Die mense sê vir die koning: "Mak 'n wetenskap laat elkeen van omtrent dertig dae oud moet net vir die koning bid. Dieëen wat nie wil nie, word vir die leeukuil gevoer."

Maat Daniël het oop gorduin bly gebut in sy boste kamer. Elke tyd het hulle hom gekry but. Die mense sê die koning moet nou voetstappe neem teen Daniël. Hulle gee die koning baie probleme. Hulle is vir die koning 'n kopseer. Die koningin se kop is ook seer.

Toe sê die koning: "Dan moet Daniël maar in gaan gegooi word."

Smeek-smeek gooi hy vir Daniël in die leeugat. Hy het met droewagestem gegroet. Daniël het heelnag in die leeukeel gesit. Die leeu was daai nag nie lekker gewees nie. Hulle het vir Daniël nie gebyt nie of eersie gehap. Die klein leeu ook. Die volene môre roep die koning hartseerlik met 'n vuin stemmetjie. Maar Daniël het nis gemukeer nie. Die leeus het hom nis gebuit nie.

Die koning het uitgevind die mense lieg vir my. Toe het die koning die anersegekom ingooi. Met hulle pae en mae en kundurs is hulle kom ingesmyt. Die leeukuil eet hulle met bene en al. 

[Bron: Afrikaanse Kloekgoed, Hetta Hager: "Die boekie is 'n weerspieëling van ons pragtige Griekwa-Afrikaans in sy eenvoudigste en ongekunsteldste vorm soos net 'n kind dit kan praat."

Klik HIER en HIER om meer van die bekende skrywer te wete te kom.]