Wednesday 31 July 2019

Tuesday 30 July 2019

Monday 29 July 2019

Sunday 28 July 2019

Vele hande maak ligte werk ...

Die kinders van die kinderkerk was vandag hard aan die werk vir die dankfees eerskomende Saterdag wat op die Game-grasperk gehou gaan word. Hulle het speelgoedklei, speelgoed en lekkergoed verpak. Heerlike verrassings wag vir julle by hierdie tafel!

Sien julle almal daar!


God se geleentheid ...


Thursday 25 July 2019

Wednesday 24 July 2019

Tuesday 23 July 2019

Monday 22 July 2019

Kyk na die natuur en leer ...

Gaan kyk na ‘n appelboom.

Daar kan 'n honderd of selfs vyfhonderd appels aan 'n boom wees, elk met tien sade in die kern. Dit is 'n klomp sade vir een so 'n boom. 'n Mens kan maklik vra: "Hoekom het 'n mens so baie sade nodig net om te verseker dat 'n paar ekstra appelbome sal opkom?"

Die natuur het iets om ons te leer. Dit vertel ons: "Baie van die sade groei nooit nie. Dus as jy wil hê dat iets moet gebeur, moet jy beslis bereid wees om meer as een keer te probeer."

Dit mag beteken dat ...
jy twintig onderhoude sal moet bywoon om een werk te kry.
jy met veertig mense onderhoude sal moet voer om een goeie werknemer te kry.
jy met vyftig mense sal moet praat om aan hulle 'n huis, 'n motor, 'n polis of 'n idee te verkoop.
jy 'n honderd kennisse sal moet ontmoet om een spesiale vriend te vind.

Wanneer ons die "wet van die natuur" verstaan, sal ons nie so maklik teleurgestel word nie. Ons sal ophou om soos slagoffers te voel. Die wet van die natuur is nie iets wat persoonlik opgeneem moet word nie. Ons moet dit net verstaan en daarmee saamwerk.

In ‘n neutedop kan ons dus sê: Suksesvolle mense faal dikwels. Hulle plant egter meer saad as die onsuksesvolles.

Sunday 21 July 2019

Hoe lyk jou huis?

’n Bejaarde skrynwerker het op die punt gestaan om af te tree. Hy het sy werkgewer meegedeel van sy planne om af te tree en die huisbouery heeltemal te laat vaar. Hy wil sy oudag bietjie rustiger vat en dit saam met sy vrou en kinders geniet. Hy sal die geldjie aan die einde van elke maand mis, maar dit is tyd om af te tree. Hulle sal oorleef van die geldjie wat hy opsy gesit het vir sy oudag. 

Die werkgewer was baie jammer om te verneem van sy planne, maar vra hom of hy nie net nog een huis wil bou, as ’n persoonlike guns nie. Die skrynwerker het ingestem, maar dit het gou duidelik geword dat sy hart nie in sy werk was nie. Die vakmanskap was baie swak en hy het van minderwaardige materiaal gebruik gemaak. Dit was 'n ongelukkige laagtepunt om sy loopbaan af te sluit.

Nadat die skrynwerker klaar was met die huis het die bestuurder gekom om na die huis te kyk. Die bestuurder het aan die skrynwerker die sleutel van die voordeur oorhandig. “Dit is jou huis, ons geskenk aan jou vir al die jare diens.” het die bestuurder gesê.

Wat ’n SKOK! Wat ’n jammerte! As hy maar net geweet het dat hy besig was om aan sy eie huis te bou, sou hy alles so anders gedoen het. Nou moet hy in die huis bly wat hy so swak gebou het met minderwaardige boumateriaal.

So is dit ook met ons. Ons bou ons lewens asof ons aandag nie daarby is nie, ons reageer in plaas daarvan om proaktief te wees. Ons sit alles behalwe ons beste daarin. Wanneer dit die nodigste is dan gee ons nie altyd ons beste nie. Dan met ’n skok kyk ons terug na die situasie wat ons geskep het en besef dat ons nou in die “huis” bly wat ons gebou het. As ons besef het wat die uiteinde gaan wees dan sou ons dit heeltemal anders gedoen het. Dink aan jouself as die skrynwerker. Dink aan jou lewenshuis, maar ook aan jou hemelhuis wat jy bou. Elke dag kap ons ’n spyker in, bou ’n muur, sit ’n dakkap op. Bou met wysheid. Dit is die enigste lewe wat jy ooit sal bou. Die lewe is ’n doen-dit-self-projek. 

Jou lewe môre is die resultaat van jou keuses en optrede vandag, môre en selfs wanneer ons na ons hemelse huis vertrek 

Hoe lyk jou huis vanmôre? Is jy geskok? Val dit uitmekaar of is jy geanker op die Rots Jesus ?

[Dankie, pastoor Joshua, vir hierdie stukkie wat jy met ons deel. Seën op al jou werk vorentoe!]

Saturday 20 July 2019

Thursday 18 July 2019

Tuesday 16 July 2019

Monday 15 July 2019

Sunday 14 July 2019

Saturday 13 July 2019

Op soek na 'n paar basaaridees?

Op soek na iets nuuts ... iets anders? Besoek gerus ons basaarbladsy.


Friday 12 July 2019

Thursday 11 July 2019

Wednesday 10 July 2019

Tuesday 9 July 2019

Monday 8 July 2019

Sunday 7 July 2019

Saturday 6 July 2019

Ons basaar die 3de Augustus!

Kontak vir Elsa by die kerkkantoor vir meer inligting!

Thursday 4 July 2019

Wednesday 3 July 2019

Oor 'n maand ...

Oor 'n maand vier Dutoitspan sy dankfees. Nooi solank die bure, vriende en familie! Kontak vir Elsa by die kerkkantoor vir meer inligting!

Tuesday 2 July 2019

Monday 1 July 2019