Monday 22 July 2019

Kyk na die natuur en leer ...

Gaan kyk na ‘n appelboom.

Daar kan 'n honderd of selfs vyfhonderd appels aan 'n boom wees, elk met tien sade in die kern. Dit is 'n klomp sade vir een so 'n boom. 'n Mens kan maklik vra: "Hoekom het 'n mens so baie sade nodig net om te verseker dat 'n paar ekstra appelbome sal opkom?"

Die natuur het iets om ons te leer. Dit vertel ons: "Baie van die sade groei nooit nie. Dus as jy wil hê dat iets moet gebeur, moet jy beslis bereid wees om meer as een keer te probeer."

Dit mag beteken dat ...
jy twintig onderhoude sal moet bywoon om een werk te kry.
jy met veertig mense onderhoude sal moet voer om een goeie werknemer te kry.
jy met vyftig mense sal moet praat om aan hulle 'n huis, 'n motor, 'n polis of 'n idee te verkoop.
jy 'n honderd kennisse sal moet ontmoet om een spesiale vriend te vind.

Wanneer ons die "wet van die natuur" verstaan, sal ons nie so maklik teleurgestel word nie. Ons sal ophou om soos slagoffers te voel. Die wet van die natuur is nie iets wat persoonlik opgeneem moet word nie. Ons moet dit net verstaan en daarmee saamwerk.

In ‘n neutedop kan ons dus sê: Suksesvolle mense faal dikwels. Hulle plant egter meer saad as die onsuksesvolles.