Showing posts with label Sonde. Show all posts
Showing posts with label Sonde. Show all posts

Friday, 31 July 2026

Hoekom glo ek in God?

Ek het Hom nodig.

Hier is my antwoord:

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!
 
Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys.
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seermaak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!
 
Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer.
En Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!
 
Hy maak heel wat ekself verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!
Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie.

En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!
Heeltyd! Altyd!
 
In alles waardeur ek gaan, maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie, Hy is daar!

Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Sunday, 3 August 2025

Wie is Jesus?

• Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel. 
• Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe.
• Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë.
• Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer.
• Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat.
• Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Velde.
• Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap.
• Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots.
• Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie.
• Vir die advokaat is Hy die Voorspraak.
• Vir die prisonier is Hy die Verlosser.
• Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water.
• Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok.
• Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder.
• Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester.
• Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie.
• Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self.
• Vir die treurende is Hy die Trooster.
• Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede.
• Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee.
• Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Vir elkeen van ons is Hy die Ewige Lewe!!

Tuesday, 26 November 2024

Loof die Here

Loof die Here,o my siel,
en moenie enige van sy weldade
vergeet nie -
Hy wat al jou sondeskuld vergewe,
wat al jou siektes genees,
wat jou lewe vrykoop van die graf,
jou kroon met troue liefde en ontferming,
wat jou begeerte met die goeie versadig.
Soos 'n arend word jou jeug dan weer nuut.

Psalms 103:2-5 AFR20

Tuesday, 8 December 2020

Watter sonde?

Dankie, Oranjemund!