Hoor jy hoe waai die wind?
Hoor jy God se sagte stem?
Hy wil hê jy moet luister.
Hy wil weet dat jy luister.
Luister ‘n bietjie harder!
Luister met jou hart.
Hy wil nuwe vuur in jou inblaas.
Hy wil in elke dimensie van jou lewe,
nuwe lewe bring.
Hy wil jou vul met Sy krag en jou
nuwe stamina gee.
As Hy weet dat jy luister,
praat Hy anders ...
Luister ...
Vra Hom vir nuwe Woord,
vars en nuwe openbarings.
Vra Hom vir antwoorde.
As jy mooi luister,
sál jy vandag nog die
antwoorde kry!
Mag Sy wind deur jou waai!
Mag daar ‘n nuwe VUUR in jou brand,
Hy wil jou vul met Sy krag en jou
nuwe stamina gee.
As Hy weet dat jy luister,
praat Hy anders ...
Luister ...
Vra Hom vir nuwe Woord,
vars en nuwe openbarings.
Vra Hom vir antwoorde.
As jy mooi luister,
sál jy vandag nog die
antwoorde kry!
Mag Sy wind deur jou waai!
Mag daar ‘n nuwe VUUR in jou brand,
wat niks en niemand sal kan blus nie.
Mag jy toeneem in krag en bonatuurlike stamina en
Mag jy toeneem in krag en bonatuurlike stamina en
terugkyk op al die stil gevegte wat God vir jou gewen het!
Mag jy vandag nog die antwoorde kry waarop jy gewag het.
Mag jy in Sy liefde rus, met jou ore in afwagting vir Sy stem ...
Mag jy vandag nog die antwoorde kry waarop jy gewag het.
Mag jy in Sy liefde rus, met jou ore in afwagting vir Sy stem ...
Aan God al die eer!!
[Kyk weer na die tema van hierdie week: Alles kom uit Hom, bestaan deur Hom en is tot sy eer (Ons Skeppingsdoel: Om God te verheerlik)