Showing posts with label Enrique Grové. Show all posts
Showing posts with label Enrique Grové. Show all posts

Friday, 17 October 2025

Matrieks: Baie sterkte, kalmte en genade ...


Sukses is iets wat jy self bepaal. 
Dis om te werk as ander rus; 
aan te hou te midde van teenstand; 
altyd te beur na ’n ver wenpaal. 
Sukses is ’n droom, ’n ideaal.
Dis om in die sleurwerk van elke dag 
iets anders en beters te sien wag, 
en deur aanhou en uithou 
uiteindelik daardie droom te verwesenlik.

Friday, 11 April 2025

Gemeentelede presteer op verskillende terreine


Dutoitspan-gemeente deel in die vreugde van Addies en die Grové-gesin. Dit is altyd spesiaal as skole hul leerders vereer wat uitblink.

Enrique Grové het 'n eerste plek behaal in die nasionale finaal van Radikale Redenaars in Engels en word daarom ook vereer met Adamantia se Prestige-witbaadjie vir sy uitsonderlike prestasie. Willem, Dalene en Enrique, baie geluk met hierdie besondere prestasie. Ons deel in julle trots. Enrique, mag jy net van krag tot krag gaan! [Klik HIER vir Addies se FB]

Saam met hulle is mnr Van Rooyen, skoolhoof van Adamantia.


Kyllin van der Westhuizen en Wildré Roberts ontvang die Springbok-toekenning vir Landsdiens. Saam met hierdie toekenning ontvang hulle ook erekleure. Dutoitspan is saam met die Roberts-gesin trots op Wildré se mooi prestasie. 

Ada Rheeder (2e van links) is ook 'n aktiewe Dutoitspanner en oudonderwyser wat nog steeds baie nou betrokke by die landsdiens is. Sy is die voorsitter van die Noord-Kaapse Landsdiens en bevind haar dikwels agter die stuur op pad iewers heen - Êrens of is dit nêrens Noord-Kaap? Haar passie, toewyding en bydrae maak 'n groot verskil, nie net by die Landsdiens nie, maar ook by die lede en kinders wie se lewens sy aanraak.

Lillian Brummage, die kaptein van die noodhulpspan, ontvang namens die skool erkenning vir hulle onbaatsugtige hulp en ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens.
Baie geluk en baie voorspoed vir julle pad vorentoe!!

Monday, 8 May 2023

'n Heerlike gesinsnaweek

 




'n Onvergeetlike naweek by Pro Regno. Klik HIER vir heerlike foto's.

[Foto's: Elsa Minne]