Dutoitspan-gemeente deel in die vreugde van Addies en die Grové-gesin. Dit is altyd spesiaal as skole hul leerders vereer wat uitblink.
Enrique Grové het 'n eerste plek behaal in die nasionale finaal van Radikale Redenaars in Engels en word daarom ook vereer met Adamantia se Prestige-witbaadjie vir sy uitsonderlike prestasie. Willem, Dalene en Enrique, baie geluk met hierdie besondere prestasie. Ons deel in julle trots. Enrique, mag jy net van krag tot krag gaan! [Klik HIER vir Addies se FB]
Saam met hulle is mnr Van Rooyen, skoolhoof van Adamantia.
Kyllin van der Westhuizen en Wildré Roberts ontvang die Springbok-toekenning vir Landsdiens. Saam met hierdie toekenning ontvang hulle ook erekleure. Dutoitspan is saam met die Roberts-gesin trots op Wildré se mooi prestasie.
Ada Rheeder (2e van links) is ook 'n aktiewe Dutoitspanner en oudonderwyser wat nog steeds baie nou betrokke by die landsdiens is. Sy is die voorsitter van die Noord-Kaapse Landsdiens en bevind haar dikwels agter die stuur op pad iewers heen - Êrens of is dit nêrens Noord-Kaap? Haar passie, toewyding en bydrae maak 'n groot verskil, nie net by die Landsdiens nie, maar ook by die lede en kinders wie se lewens sy aanraak.
Lillian Brummage, die kaptein van die noodhulpspan, ontvang namens die skool erkenning vir hulle onbaatsugtige hulp en ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens.
Baie geluk en baie voorspoed vir julle pad vorentoe!!