Wednesday, 2 April 2025

Mossiestilte: Matt. 6:21-23 + 33

want waar julle skat is daar sal julle hart ook wees.
Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid  nie!

Sien is glo. Dit wat ons sien is nie altyd reg nie. Jesus het op 'n keer vir die Fariseërs gesê: Omdat julle sê julle sien, daarom is julle blind.
Let op, jou oog is die LAMP van jou liggaam en as dit reg is, verlig dit die hele liggaam. 
Soek dus eers die koninkryk van God EN sy geregtigheid ... jou oë moet dus op God gerig wees en nie op die vleeslike begeertes nie; fokus op die skatte in die hemel en maak dit bymekaar.

Goeie Vader, ek vestig my oog op U, om te doen wat U verlang. Ek bied my liggaam as woning vir U aan. Laat u Heilige Gees in my woon; Christus in my, die hoop op heerlikheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]