Showing posts with label Nerine Oosthuizen. Show all posts
Showing posts with label Nerine Oosthuizen. Show all posts

Wednesday, 24 July 2024

In die aand ...

As vrees ons keel toedruk ...
Vrees oor ons kinders,
ons dierbares,
onsself,
oor die dag van môre ...
Laat ons dan in die stilte van ons eie hart
onsself opnuut van ons God vertel,
en omdraai, en tot rus kom,
want Hy sal nie slaap nie.

[Dankie, Nerine, vir die aanstuur hiervan.]

Tuesday, 23 July 2024

Wat maak gebed so anders?

Jy hoef nooit 'n afspraak te maak nie, die lyn is nooit beset nie.
Daar is nooit te veel ander besoekers nie.
Die Hoorder is nooit te besig nie.
Hy is nooit uithuisig nie.
Hy stuur nooit vir jou weg nie.
Hy val jou nooit in die rede nie.
Hy luister nooit met 'n halwe oor nie.
Hy vergeet nooit 'n versoek nie.
Hy is nooit raadop nie.
Hy word nooit moeg nie.
Hy is nooit in 'n slegte bui nie.
Hy ag niks onbelangrik nie.
Hy vra nooit vergoeding nie.
Hy wag op ons.

[Dankie, Nerine, vir die aanstuur hiervan.]  

Sunday, 17 April 2022

Liefde is ...

Liefde is ‘n glimlag,
nie ‘n frons nie.
Liefde is ‘n drukkie,
nie ‘n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee,
nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee,
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe
nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring
wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou ‘n boom
wat koelte gee vir dié wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk –
al het jy niks om iemand te bied nie,
maar jy het Liefde wat geld nie kan koop nie,
is jy die rykste mens op aarde!

[Dankie, Nerine, dat jy ons net weer daaraan herinner.]