Tuesday 30 June 2020

Dinsdag: Hosea 1

Die ontrou van die Israeliete teenoor God.
Klik
HIER om deel van die gesprek te wees.




Be an organ donor ...


Monday 29 June 2020

Maandag: Hosea

Hier is die tweede gedeelte van die inleiding oor die
boek Hosea. Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

I know the plans I have for you ...


Sunday 28 June 2020

Sondagaand: Hosea

Inleiding tot die boek Hosea
Klik
HIER om te luister.

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: God gee uitkoms - ons hoop is op Hom gevestig.
(Biddag vir alkoholverslaafdes)

Skrifgedeeltes:
2 Korinthiërs 1:1-11(kerngedeelte)
Klaaagliedere 3:14-18 en 21-24

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 28 Junie 2020 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek.)

Hou vas aan jou geloof


Ontwikkel 'n passie vir jou werk


John Ortberg skryf: "My vriend Andy Chan was die hoof van die plasingskantoor by die Stanford School of Business en het gegradueerdes gehelp om werk te kry. Hy sê hy wil eendag 'n boek skryf met die titel: Die mite van passie. Dis die mite dat die perfekte werk iewers daar buite is. As ek net daardie werk kan kry, sal passie uit my hart vloei soos water wat oor die Niagaravalle stort."

Ons het 'n geromantiseerde idee dat ons "werksliefde met eerste oogopslag" sal vind. Maar wat as jou werk jou nie opgewonde maak nie? Ortberg skryf: "Passie vir ons werk is gewoonlik nie 'n vulkaan wat wag om uit te bars nie. Dis 'n spier wat elke dag 'n bietjie sterker word soos ons doen wat van ons verwag word, en so 'n bietjie meer." Paulus het geskryf: "Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here ... Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! Wie onreg doen, kry hulle onreg terug." (Kolossense 3:22-25 NLV).

Dalk sou dit help om 'n plakkaat op jou lessenaar te sit: "Doen jou bes vir die Here”

Hoekom?

Jy verteenwoordig Christus in die werkplek en wanneer jy getrou is in die klein dingetjies, sal Hy jou bevorder tot groter dinge (Matteus 5:21).

Saturday 27 June 2020

Geloof is 'n brug ...


Saterdag: Filemon

Alles wat God vir jou gedoen het, moet jy aan ander
doen. Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

Nie net soms nie ...


Friday 26 June 2020

Vrydag: Titus 3

Vandag word daar gekyk na Titus 3 en hoe 'n Christen
hom behoort te gedra.
Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

God always has an anwer


Thursday 25 June 2020

Donderdag: Titus 1 en 2

Vanaand word daar gekyk na Titus se werk op Kreta
en die gesonde leer.
Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

Good people ...


Wednesday 24 June 2020

Woensdag: Judas 1:17-25

Raad vir die gelowiges oor hoe om die valsheid
 in 'n gemeente te hanteer.
Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

Better days ...


Tuesday 23 June 2020

Dinsdag: Judas 1:17-25

Raad oor hoe om valsheid en gevare in 'n gemeente
te hanteer.
Klik HIER om deel te wees van die gesprek.

Monday 22 June 2020

Dit bepaal jou lewe ...



Maandag: 3 Johannes 1-15

Hier handel dit oor God se kinders wat leef volgens
die Bybelse beginsels en standaarde.
Klik
HIER om deel te wees van die gesprek.

It is not your door ...


Sunday 21 June 2020

Vadersdag: 2 Johannes 1-13


Die waarheid, liefde en ware vrede loop altyd saam.
Klik HIER om na die boodskap te luister

Vadersdag: 1 Korinthiërs 13 vir Pa's ...

Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste BMW ry,
maar my vrou en kinders geniet nie die weelde van my teenwoordigheid nie, 
dan is ek so waardeloos soos 'n bankkrediet met 'n nulbalans.

Al het ek die gawe van woorde sodat ek 'n direksie met my argumente kan swaai, 
of skares na my preke kan laat stroom, 
en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, 
doen ek meer kwaad as goed.

Al ken ek die geheimenisse van die Beurs en die Reserwebank, 
en al besit ek al die kennis van rugby- en krieketreëls, 
en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, 
maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, 
langs die baan te staan as hulle speel 
of hulle te leer bid nie, 
dan het ek niks bereik nie.

Al gee ek 'n dubbele tiende vir die armes, 
en al beroem ek my dat ek in elke liefdadigheidsraad op my dorp dien 
en vakansies my gesondheid opoffer om in malariagebiede sendingwerk te doen, 
en ek is te moeg om saans vir my kinders boeke te lees 
of naweke in die veld te gaan stap, baat dit my alles absoluut niks.

'n Pa wat lief het, 
is geduldig met kinders wat sukkel met wiskunde,
'n Pa se liefde is vriendelik met 'n kind wat nie wil rugby speel nie,
hy is nie afgunstig op pa's met slimmer en mooier kinders nie,
hy is nie grootpraterig en verwaand oor sy kinders se prestasies nie.

'n Pa se liefde handel nie onwelvoeglik met die ma van sy kinders nie,
soek nie sy eie belang sodat sy huismense laaste kom nie,
is nie liggeraak en nukkerig as 'n kind bietjie ekstra aandag soek nie.
'n Pa wat sy kinders lief het, 
hou nie boek van hulle foute 
en peper hulle nie met verwyte nie.

'n Pa verbly hom nie oor 'n kind se foute met:
"Ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie luister nie"
Hy is verheug as hy sy kinders die waarheid hoor praat - selfs tot hulle eie nadeel.

Daarom wil ek my kinders se skandes met liefde bedek,
in hulle glo,
die beste vir hulle hoop,
en hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.

'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart. 
Maar die preek of toespraak wat ek liewer in die tyd wou skryf sal oormôre weer vergeet wees.
Vandag se noterings op die aandelemark is volgende week niks werd nie.
In die lig van die Volmaakte wat kom, word al my kennis en besittings gerelativeer.

Toe ek 'n jong man was, 
was ek gesteld op my voorkoms, 
my motor en my geleerdheid,
maar noudat ek 'n pa geword het, 
wil ek graag my kinders met liefde, balans en geloof grootmaak.

Nou kyk ek nog vas teen rebelse tienergesigte,
maar eendag as hulle groot is,
sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer,
en wat God ons almal leer.

En nou:
Geduld, aanmoediging en liefde bly,
Maar die waardevolste hiervan is onvoorwaardelike liefde!

[Bron]

Happy Father's Day!



Friday 19 June 2020

Wednesday 17 June 2020

Monday 15 June 2020

Sunday 14 June 2020

Tegniese probleme

Weens tegniese probleme is daar ongelukkig
geen opname om op die blog te laai nie.


Liefde ...

Liefde is nie wat jy kan kry nie,
maar wat jy kan gee.
Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie,
maar wat jy vir ander kan doen.
Liefde is 'n glimlag, nie 'n frons nie.
Liefde is 'n drukkie,
nie 'n klap in die gesig nie.
Liefde is omgee, nie misbruik nie.
Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees
en die reënboog na die storm.
Liefde is om iemand se trane af te vee
nie dit te veroorsaak nie.
Liefde is om boek te hou van goeie tye,
nie die slegte tye nie.
Liefde vergewe nog voor iemand jou seergemaak het.
Liefde maak van jou 'n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.
Liefde maak van jou 'n boom wat koelte gee
vir die wat rus nodig het.
Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.
Liefde kan genees, vertroos, versterk
al het jy niks om iemand te bied nie,
maar jy het liefde wat geld nie kan koop nie.

[Dankie, Estia Greeff, dat jy hierdie waarheid met ons deel.]

Friday 12 June 2020

Thursday 11 June 2020

Besoekers by die dosyne!

'n Verstommende 752 lesers op een dag!
Klik gerus op die prent om die statistiek duidelik
te sien. Dis werklik 'n riem onder die hart om te
sien hoe groei die belangstelling in die blog.
3 Junie was daar 757 besoekers vir die dag!
Lekker lees!

Dankie aan al ons gereelde besoekers!


Wednesday 10 June 2020

Monday 8 June 2020

Wat maak ek hier ...?

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: ... Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (Kolossense1:16)

U het my nie vir myself gemaak nie.
(Al dink ek soms so!)
U het my ook nie toevallig gemaak nie.
(Al voel dit soms so!)
U het my nie doelloos gemaak nie.
(Al dobber ek soms!)

Grote Skepper,
U het my uniek en spesiaal gemaak
omdat U vir my 'n spesifieke rol
hier op aarde het;
omdat U my wil gebruik
en omdat ek hier is
om U te verheerlik.

Dankie vir die heilige wete
dat ek so spesiaal is!

Help my om u doel met my te vind,
en lei my veral
om dit te lééf!

[Dankie Marguerite Pienaar dat jy die volgende treffende gebed met ons gedeel het.]

Sunday 7 June 2020

Wednesday 3 June 2020

Kykertal: 757 besoekers vir die dag!!

Wat 'n heerlike verrassing toe daar na die
statistiek van die dag gekyk is en die kykertal
vir 3 Junie 2020 was 757. (Klik op die prent
om die getalle duidelik te sien.)

Dankie vir elke besoeker van
hierdie blog. Ons waardeer elkeen
van julle.

Don't give up ...


Moenie met jou "ore" kyk nie ...


Tuesday 2 June 2020