Showing posts with label Kerk. Show all posts
Showing posts with label Kerk. Show all posts

Saturday, 28 March 2026

Kerkgenotjies: Ons geld

Fred Schnetler van Die Volksblad in Bloemfontein het, met die nodige apologie aan C Louis Leipoldt, die volgende ingestuur vir Finansies & Tegniek, 29 Maart 1996. 

Ek sing van die magtige dollar,
Ek sing van die Switserse frank.
Van die jen en die mark en pond sterling
Wat rente trek in my bank.
Ek sing selfs van Spaanse paseta's,
En drachmas van ou Griekeland.
Van lire, escodo's en krone ...
Maar nooit van ons krimpende rand!

[Fred Schnetler se geldgediggie is vandag nog net so geldig!]

Sunday, 22 February 2026

Wat doen jy op Sondae?

Niemand kan kerkbesoek verwaarloos en geestelik vorder nie.

Hoe meer jy wegbly, hoe minder sal jy lus kry om te gaan, en hoe makliker sal jy die dag van die Here ontheilig.

Iemand wat van die kerk af los raak, verloor sy sin vir waardes met betrekking tot God en die ewige dinge. Hy vind iets anders om hom mee besig te hou en word maklik opgeneem in die maalkolk van dolle plesierversugting.

Hierdie dinge verskaf egter nie die versadiging en satisfaksie waarna sy siel smag nie. Daardie leemte in sy binneste word al groter, totdat die lewe eindelik, ontbloot van alle sin en betekenis, 'n vermoeienis en 'n oorlas word, met die moontlikheid van selfdood nie uitgesluit nie.

Dit klink miskien vergesog en onwaarskynlik, maar dit is die verhaal van menige persoon wat van God af weggedwaal het - en die eerste stap op daardie weg was verontagsaming van Gods Woord, van Sy Huis en van Sy Dag.

* Maak 'n gewoonte daarvan om Sondae die kerk te besoek. 
* Ontmoet God daar. 
* Hy daag altyd op vir die afspraak ... 
* En jy? 
* Wat doen jy Sondae?

Monday, 26 January 2026

Aan die veilige kant?

"Wat glo jy?" wou iemand eendag van 'n Ier weet.
"Wat die kerk glo," het hy geantwoord.
"En wat glo die kerk?" het die ondervraer voortgegaan.
"Wat ek glo," was sy antwoord,
"En wat is dit wat julle albei glo?"
"Dieselfde ding,," het hy weer ontwykend geantwoord.

Dalk is ons, net soos die Ier, besig om in een of ander kerk vir God weg te kruip. Ons is nie bereid om die werklikheid van ons ewige bestemming in die gesig te kyk en dit in 'n ernstige lig te beskou nie. Ons is nie gewillig om ons hart en lewe aan Christus oor te gee en Hom onvoorwaardelik te volg en te dien nie; maar ons het 'n lidmaat van die kerk geword en gemeen om daardeur aan die veilige kant te wees.

Maar is dit werklik veilig?

Saturday, 10 January 2026

Kerkgenotjies: Liefde

* Waarom is vroue so mooi?
Sodat die man haar kan liefhê.
Waarom is vroue so dom?
Sodat sy die man kan liefhê.

* 'n Jong vroulike student kry toe 'n huweliksaanbod van 'n medestudent, maar sy het nie sin vir die vriend nie. 
Sy antwoord: "Ek is jammer ek kan nie jou aanbod aanvaar nie, maar jou goeie smaak sal my tot in lengte van dae bybly."

* Dit is Mike se vrou se verjaardag. Hy weet regtig nie wat om vir haar te koop nie en besluit om haar sommer direk te vra. Op hierdie manier spaar hy sommer baie tyd en gee hy vir haar iets waarvan sy hou.
"'n Egskeiding," sê sy.
"Nee, vergeet dit," is sy antwoord. "Ek het nie beplan om soveel geld te spandeer nie." 

Saturday, 27 December 2025

Kerkgenotjies: Ons vriend, Koos

Hierdie staaltjie het baie baie jare terug by die Kaapse stasie afgespeel. In die dae van ponde, sjielings en pennies ...

Koos stap oudergewoonte deur die Kaapstadse stasie, toe hy 'n nuwe masjien sien wat jou weeg en met jou praat. (KI was nog nie eens 'n gedagte nie.)

Hy klim op die skaal en sit sy sjieling in. Die masjien sê toe: "Jou naam is Koos van der Merwe, jy weeg 160 pond, jy het bruin hare, 'n snor, jy dra 'n grys pak, werk by Sanlam en haal elke middag die 5:15 na Plumstead.

Koos kon sy ore nie glo nie. Hy gooi weer 'n sjieling in en kry presies dieselfde antwoord.

Hy sien die haarkapper op die stasie is nog oop, spring gou by die deur in en laat sy hare knip en sy snor sommer heeltemal afsny. Hy het soos die toeval dit wil hê, ook daardie middag 'n nuwe pak klere vir die werk gekoop. Hy gaan kleedkamer toe en trek dit aan.

Hy gaan klim vol verwagting weer op die skaal, waarop die masjien antwoord: "Jou naam is Koos van der Merwe, jy weeg 160 pond, jy het bruin hare, dra 'n bruin pak, werk by Sanlam en terwyl jy hier rondgespeel het, het jy die 5:15 na Plumstead verpas.

Saturday, 13 December 2025

Kerkgenotjies: Blondines

* Twee vriendinne staan en gesels. Die brunet sê sy wil met 'n man met 'n hoë IK trou. 
"Jy bedoel een met 'n hoë intelligensie-kwosiënt?" vra die blondine.
"Nee," sê die brunet, "ek verkies een met 'n hoë inkomste-kwosiënt.

* Die heeltemal oorgewig blondine is ewig by die dokter. Hy sê later vir haar hy dink die meeste van haar probleme kan aan haar gewig toegeskryf word. Hy gee vir haar 'n wetenskaplike uitgewerkte dieet met die raad om dit getrou te volg en hom oor 'n maand weer te besoek.
Sy kyk aandagtig deur dit en sê toe: "Dokter, ek hou hiervan. Maar sê my, moet ek dit saam of tussen my maaltye geniet?"

* Dosent aan blonde student: "Dit is die tweede maal hierdie week dat u laat is vir die agtuur-klas. Onthou, dis ongesond om so laat te slaap."
Student: "Dit mag so wees, professor, maar ek is nie op universiteit vir my gesondheid nie."

[Bron: Finansies en Tegniek, 28 Junie 1996]  

Saturday, 29 November 2025

Kerkgenotjies: Spoed

* Wat doen 'n skilpad op die N1?
So 300 meter per uur. 

* Wat is die definisie van 'n Tiger Moth?
'n Versameling onderdele in 'n formasievlug.

* Dit is Koos se eerste vlug as kaptein en hy wil graag die passasiers en bemanning imponeer. Toe hy taamlik na aan die lughawe vir die landing is, besluit hy om die Boeing reg aan die kant van die aanloopbaan neer te sit sodat hy die eerste afrit na die terminaalgebou kan neem.

Hy bring die reuse vliegtuig stadig en sekuur in, land presies waar hy beplan  het, gooi die motors in trurat, die vlerkklappe lig blitsvinnig op en hy lê op die remme.

Maar ten spyte van alles trek die Boeing reg oor die teerstrook en kom 'n hele ent aan die anderkant in 'n geweldige wolk stof en gras tot stilstand.

Koos is onthuts, want hy kan nie verstaan waarom hy nie die vliegtuig betyds kon stop nie. "Sjoe," sê hy, "dit is die kortste aanloopbaan waarop ek ooit geland het. Maar ek sê jou, dit is wragtie die breedste!"  

[Bron: Finansies & Tegniek, 5 April 1996]

Saturday, 22 November 2025

Kerkgenotjies: Skade

* So 'n tyd gelede was die springkaanplaag weer erg in dele van die Noord-Kaap. Na die vroeë somerreën was dit al waaroor die boere gepraat het. By die kinders se sportgeleenthede, sommer voor en na kerk en veral op die koöperasie se stoep.
In een so 'n gesprek vra 'n dorpenaar aan 'n boer: "Is die springkane vanjaar baie?"
"Nee wat," antwoord hy. "Die springkane is nie so baie nie. Hulle families is net so gróót!!"

* 'n Sakeman gaan so 'n paar jaar gelede sy TrustBank-bestuurder sien. Hy het 'n wonderlike plan om geld te maak en wil R2 miljoen daarvoor hê.

In daardie dae het TrustBank-bestuurders makliker ja gesê en ons vriend kry die geld.

'n Jaar later is hy terug. Dit het nie so goed gegaan as wat hy gehoop het nie. Die R2 miljoen is daarmee heen en hy het nog R5 miljoen nodig. Hy kry dit en verseker die bestuurder sake kon erger gewees het.

Ses maande later is hy terug. Dieselfde storie. Die keer begin die bestuurder ongemaklik voel. Maar ons sakeman kalmeer hom. "Moenie opgewonde raak nie, man. Dit kon erger gewees het."

"Wat bedoel jy daarmee?" wil die bankbestuurder weet. "Jy het ses maande gelede ook gesê dit kon erger gewees het. Intussen het jy R7 miljoen van die bank se geld verloor."

"Ja," antwoord die sakeman. "Dit kon my eie geld gewees het."

[Bron: Finansies & Tegniek, 7 Junie 1996: geniet die grappies van die negentiger jare!]

Saturday, 15 November 2025

Kerkgenotjies: By my werk

As ek lank met my werk besig is, is ek oud en stadig.
As my afdelingshoof lank besig is, is hy deeglik.
As ek nie iets wil doen nie, is ek lui.
As my afdelingshoof nie iets wil doen nie, is hy besig.
As ek iets uit my eie doen, is ek 'n windbol.
As my afdelingshoof iets uit sy eie doen, gebruik hy sy inisiatief.
Wanneer ek met 'n besluit volstaan, is ek hardekwas.
Wanneer my afdelingshoof dit doen, is hy ferm.
Wanneer ek my afdelingshoof gelukkig maak, kruip ek by hom.
Wanneer my afdelingshoof sy hoof gelukkig maak, gee hy sy samewerking.
Wanneer ek vooruitgang maak in my werk, het ek die geluksengel aan my kant.
Wanneer my afdelingshoof in sy werk vooruitgang maak, is hy hardwerkend.
Wanneer ek nie die reëls nakom nie, vat ek kanse.
Wanneer my afdelingshoof hom nie aan die reëls steur nie, is hy oorspronklik.

Saturday, 8 November 2025

Kerkgenotjies: Predikante

* Die vloede het regtig aansienlike skade in die Noord-Kaap veroorsaak. Onrustige mense hou die weer nougeset dop aangesien dit elke oggend dreigend lyk. 'n Predikant gaan doen huisbesoek by 'n boer wat verskriklik skade gely het tydens die storm. 
Dominee aan die boer: "Jy lyk nie so bekommerd soos die res van die gemeenskap nie. Hoekom nie?"
Boer: "Dominee, ek sal eers begin bekommerd raak as die diere twee-twee begin aanstap."  

* Die predikant doen huisbesoek by 'n boer wat bekend daarvoor is dat hy te dikwels diep in die bottel kyk. Dit gebeur juis op 'n dag dat die boer nie heeltemal by is nie.
"Broer, sê my, hoeveel plase het jy al in jou lewe uitgedrink?"
"Goeie vraag, dominee," antwoord die boer. "Maar sê my, waarom moet jy as 'n byna geheelonthouer dan in 'n huurhuis bly?"

* Gehoor wat die predikant op 'n vlug tussen Johannesburg en Kaapstad gesê het toe die lugwaardin vir hom 'n drankie wou aanbied?
"Nee dankie, ek drink nie so na aan die hoofkantoor nie." 

[Finansies & Tegniek, 23 Februarie 1996]

Saturday, 4 October 2025

Kerkgenotjies: Algemeen

* Koos and Piet go to church for the first time.
Koos: "It's really a wonderful place!!"
Piet: "How so?"
Koos: "Just look at all the women sitting here and not one says a word!!"

* "Ek lees hier," sê sy, "toe 'n banketbakker nou die dag trou, die bruidspaar met strooisuiker pleks van konfetti bestrooi is."
"Kom ons trou stil," sê die verskrikte voornemende bruidegom van Fouriesburg, wat 'n messelaar is.

* Die vyf ringe van 'n huwelik:
sleepring, verloofring, trouring, vermeerdering, ontnugtering.

Friday, 26 September 2025

Die skoene

Ek was vars gestort en netjies geskeer. Ek het my mooi das nog eenkeer reggetrek en toe vertrek. Ek het net betyds by die kerk bank ingeskuif en wou net my oë toemaak in gebed toe ek uit die hoek van my oog n paar skoene sien wat langs my ingeskuif het.
 
Ek het gesug ... was dit nou nodig om so naby aan my te sit dat ons skoene aan mekaar geraak het? Ek het my oë gesluit ... ONSE Vader ... toe onthou ek dat die Here ook sy vader is ... Maar nog steeds ontsteld wonder ek of hy nie net sy skoene kon skoonmaak nie. Die skoene se punte was afgekrap ... 'n dik laag stof het op die skoene gelê en sowaar daar was nog 'n gat aan die kant van die skoen.

Sekerlik het die man geen skaamte of trots nie ... DANKIE VIR U SEËNINGE het die gebed aangegaan. "Amen" het die paar skoene langs my hardop gesê.

Ek het so hard probeer om op die gebed te konsentreer maar elke keer het my oë gedwaal na die paar skoene langs myne.

Sekerlik moet ons altyd probeer om op ons beste te lyk wanneer ons by die kerk deure instap. Wel sekerlik het hierdie paar skoene langs my nie baie moeite gedoen nie.

Die gebed het geëindig en die lofsange het begin. Die paar skoene langs my het met volle oorgawe saamgesing. Met oë gesluit en hande omhoog het die skoene uit volle bors met diep oortuiging die lofliedere aan ons Skepper geoffer.

Ek was seker dat nie net die Here nie maar die hele dorp hierdie man se lofliedere gehoor het.
En toe kom die tyd vir die offergawe. Ek het n stewige bydrae ingegooi, en toe die bordjie aangegee na die skoene langs my. Daar was diep in die sakke gekrap ... eers die een en toe die ander een en diep onder in die sak is sy bydrae uitgehaal en met 'n helder geklink het die muntstukkie in die pragtige silwer bord geval.
 
Ek het gesteurd na die skoene langs my gekyk maar hy het so 'n salige uitdrukking op sy gesig gehad. So dankbaar dat hy wel iets gehad het om te gee.

Toe was dit tyd vir die Woord. En laat ek nou maar eerlik wees dit het my tot in my siel verveel, tot ek na die skoene langs my se gesig gekyk het.

Groot trane het by sy wange ofgerol ... Hy het met diep aandag geluister ... en ek het gewonder wat ek dan gemis het.

Ek was so besig met die skoene en die oordeel in my hart dat ek die seëning van die Woord totaal en al gemis het. Sy hart was vol ... sy honger was gestil ... en ek, ek het gewonder waarom ek dan nog so leeg gevoel het.

Toe besef ek; ek het nie soos die skoene langs my gekom met 'n verwagting nie ... daarom het ek niks ontvang nie en sy beker loop oor. Golwe skuldgevoel het oor my gespoel en ek het geweet die stukkende skoene het my vandag 'n baie duur les geleer.

Dit was ons gewoonte om altyd na die diens vreemdelinge te laat welkom voel, en na die slot gebed het ek my hand na die skoene uitgesteek.
 
Die gesig was oud en verrimpeld van baie son en weer en die hand wat myne vasvat was vol eelte.
Die skoene het na my gekyk en gesê: My naam is Charlie en ek is so bly om jou te ontmoet. Sy oë was vol hartseer en pyn.

Ek kom al 'n paar maande hier maar jy is die eerste om my te groet. Ek weet my kleredrag is nie op standaard nie maar ek probeer baie hard om altyd op my beste te lyk, en ek politoer gereeld my skoene maar die lang stap hierheen op die stof pad laat dit altyd weer vuil en vol stof.

My hart het begin pyn en ek het swaar gesluk aan die groot knop in my keel. Ek was stil, want ek het geweet as ek iets sou sê sou my woorde leeg en blikkerig klink teenoor die opregtheid van die stukkende skoene.

Ek het weer sy vereelte hand gedruk en toe met trane bely: Jy het my siel aangeraak en vandag het jy my 'n groot les geleer ... dat die mooi van die mens in sy hart lê en nie in sy blink nuwe skoene nie.
Dankie dat jou skoene vandag vir my 'n groot les geleer het. Dat daardie vuil stukkende skoene my geleer het om anders te sing, om meer intens te luister en om altyd met 'n verwagting te kom sodat ek vol en tevrede kan uitstap.

(Internet: Skrywer onbekend)

Thursday, 5 June 2025

Dink hieroor: Hoekom is dit só moeilik?

Hoekom voel ons slaperig in die kerk,
Maar kan wakkerbly deur 'n 3 uur fliek?

Hoekom is ons so verveeld as ons die Bybel lees,
Maar vind dit maklik om ander boeke te lees?

Hoekom is dit so maklik om 'n boodskap oor Jesus te ignoreer,
Tog stuur ons die snaakses aan?

Hoekom word kerke kleiner,
Maar kroeë en klubs brei uit?

Hoekom is dit so maklik om 'n bekende te aanbid,
Maar baie moeilik om by Jesus betrokke te raak?

Friday, 5 January 2024

Kerkgenotjies: The Mom Test

I was out walking with my 5-year-old daughter. She picked up something off the ground and started to put it into her mouth. I took the thing away from her and asked her not to do that. “Why?” she asked. “Because it’s been on the ground, and ...

Ray and you don’t know where it’s been. It’s dirty. And it probably has germs.” At this point, my daughter looked at me with absolute admiration and asked, “Mom, how do you know all this stuff? You are so smart.” I thought quickly and replied, “All moms know this stuff. It’s on the Mom Test. You have to know it, or they don’t let you be a Mom.”

We walked along in silence for two or three minutes, but she was evidently pondering this new information. “Oh, I get it!” she beamed, “So if you don’t pass the test, you have to be the dad.”

“Exactly,” I said.

Wednesday, 3 January 2024

'n Groep gewapende mans


Daar is 'n verhaal wat die rondte doen dat êrens in Amerika het 'n groep gewapende mans een aand met hulle masjiengewere in ‘n propvol kerk ingebars. Hulle het aangedring het dat al die ware Christene wat nie bang is om te sterf nie, voor die preekstoel moet vergader. Die res kan maar huis toe gaan.

Toe die wat huis toe is, weg is, sit die manne hulle gewere neer en haal hulle maskers af.

Nou kan daar kerk gehou word, want net die ware Christene is oor!

Saturday, 9 September 2023

Kerkgenotjies: 'n Wonderlike plek

Koos en Piet gaan vir die eerste keer kerk toe.
Koos: "Dis regtig 'n wonderlike plek hierdie."
Piet: "Hoe so?"
Koos:"Kyk net al die vrouens wat hier sit en nie een praat 'n woord nie!"

Saturday, 17 October 2020

Saturday, 29 June 2019