Showing posts with label Finansies. Show all posts
Showing posts with label Finansies. Show all posts

Sunday, 12 October 2025

Raak betrokke - aktiewe deelname is aansteeklik!

Aktiewe deelname is aansteeklik. 
Raak aktief betrokke!! 
Kontak gerus die diensgroepe, kerkkantoor of predikant en kom meld aan. 

Jy is meer as welkom!   

Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas. Die volgende diensgroep is aktief betrokke:

* Barmhartigheid
* Getuienis
* Erediens
* Finansies
* Jeugbediening
* Eiendom
* Gesinsbediening
Ons sien uit na jou belangstelling, betrokkenheid en bereidwilligheid

Friday, 3 October 2025

Raak betrokke!

Aktiewe deelname is aansteeklik. 
Raak aktief betrokke!! 
Kontak gerus die diensgroepe, kerkkantoor of predikant en kom meld aan. 

Jy is meer as welkom!   

Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas. Die volgende diensgroep is aktief betrokke:

* Barmhartigheid
Die versorging van die bejaardes, siekes en noodlydendes is deel van hierdie belangrike groep se aktiwiteite.
Kos word ingesamel met die oesmaande-projek.
Kospakkies word aan behoeftige gesinne in die gemeente voorsien.
Voorsitter: Pieter Britz (082 290 2104)

* Getuienis
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Voorsitter: Coen Visser (082 821 0217)

* Erediens
Elke Sondag word Jesus se opstanding gevier. Na die erediens kuier ons om die koffiekan.
Voorsitter: Willem Grové (082 664 5115)

* Finansies
Baie van die gemeente se aktiwiteite kan nie sonder die nodige finansies aangepak word nie. Die nood is groot en word daagliks meer uitdagend. Hierdie groep het 'n kopkraptaak wat aktiewe planmakers kan help verlig.
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

* Jeugbediening
Jongmense en kinders is vir die Here kosbaar  en daarom is dit só noodsaaklik dat ons nie moet bydra tot 'n generasie kerklose kinders en jongmense nie. 
Voorsitter: Marina Marais (078 564 6623)

* Eiendom
Die bestuur, onderhoud en benutting van die gemeente se geboue en terrein is die groep se verantwoordelikheid.
Die koster en terreinpersoneel onderhou ook die terrein en tuine.
Voorsitter: Henry Weideman (073 470 5590)

* Gesinsbediening
'n Diensgroep met baie uitdagings gegewe die tyd waarin ons leef.  
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

Ons sien uit na jou belangstelling, betrokkenheid en bereidwilligheid

Saturday, 30 November 2024

Monday, 30 September 2024

Tuesday, 7 May 2024

2024: 'n Vlugtige basaarterugblik

'n Outydse kerkbasaar is 'n gesellige byeenkoms met die geur van pannekoek en braaivleis wat in die lug hang, goeie musiek in die agtergrond wat 'n kuieratmosfeer skep, 'n oop beursie en kinders wat laggend en jillend spring, gly en kompeteer.

Met soveel stalletjies te kus en te keur, tel of dink niemand aan kalorieë nie, ook nie aan uitgawes nie, want die doel heilig die middele. Spyt gaan later in die week aan jou gewete se deur kom klop omdat die opwinding tot oordaad aan soetgoed en verbode eetgoed op jou lysie jou tot verantwoording roep. Gelukkig is hierdie oordaad beperk tot 'n paar geleenthede per jaar en op hierdie manier stil jy jou eetgewete!

'n Basaar se wins lê nie net in finansiële gewin nie, maar dit kan ook gemeet word aan die gesellige saamwerk van die gemeentelede, die vrolike samekoms en kuiers voor en agter die tafels, die kosbare herinneringe wat geskep word om later te koester en jou gevoel van behoort aan 'n gemeenskap.

Met moeë voete, 'n gelukkige hart, 'n leë beursie en 'n volgelaaide kar, ry jy huis toe en voel soos ‘n wenner wat saam kon kuier en belê in die Koninkryk.

Thursday, 29 February 2024

Wednesday, 31 January 2024

Thursday, 30 November 2023

Saturday, 30 September 2023