Showing posts with label Tyd saam met God. Show all posts
Showing posts with label Tyd saam met God. Show all posts
Wednesday, 20 February 2019
Saturday, 10 October 2015
Tuesday, 1 September 2015
Die houtkapper
Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie
van twee houtkappers. Een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong
knapie. Op ‘n dag het hul besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie
kan die meeste bome op een dag afkap.
Die jong seun was sterk en fiks en het glad
nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil! Maar die bejaarde het so elke uur vir 15
minute gerus.
Aan die einde van die dag toe die bome getel
word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad
nie kon verstaan het nie.
Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik
is, want hy het elke uur vir 15 minute gerus, het hy hul geantwoord: “Elke keer
wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”
So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog
stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se
dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die
wenkant?
Ons het nodig om meer tyd saam met God te
spandeer!
Subscribe to:
Posts (Atom)


