Dankie aan elkeen wat só ruimhartig begedra het tot hierdie bederffunksie. Ons waardeer elkeen se bydrae om kleur aan Ons Huis-inwoners se dag te gee.
Showing posts with label Ons Huis. Show all posts
Showing posts with label Ons Huis. Show all posts
Saturday, 6 December 2025
Thursday, 23 October 2025
Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis
Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak.
Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies kan by die kerkkantoor afgegee word.
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025
Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.
Thursday, 16 October 2025
Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis
Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak.
Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies, kan by die kerkkantoor afgegee word.
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025
Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.
Saturday, 4 October 2025
Sunday, 21 September 2025
Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering
ACVV Ons Huis val binne die gemeentegrense van Dutoitspan en daarom neem ons die vrymoedigheid om u hartlik uit te nooi na ACVV ONS HUIS se jaarvergadering.
Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141
Jy is baie welkom!
Wednesday, 17 September 2025
Jy is uitgenooi na ACVV Ons Huis se jaarvergadering
Waar: ACVV Ons Huis, Ariadne Rylaan 8, Beaconsfield, Kimberley
Wanneer: 23 September 2025 om 09:00
RSVP: 22 September 2025 by 053 842 1141
Jy is baie welkom!
Sunday, 7 September 2025
'n Gebed vir Dowes
Vandag, met die Biddag vir Dowes, kry ons die geleentheid om stil te raak en in gebed ons harte na God te draai vir hierdie gemeenskap. Mag ons op hierdie dag in besondere gebed, ‘n stem wees vir diégene wie se stemme te dikwels oor die hoof gesien word.
Liewe Hemelse Vader,
Ons kom vandag na U toe met nederige harte,
bewus van die stil wêreld waarin baie van ons broers en susters lewe.
Ons bid vir elke Dowe persoon, dat U hulle sal omvou met U liefde en genade.
Ons bid vir insluiting, vir begrip en vir deernis van die samelewing.
Ons bid dat geen Dowe uitgesluit sal voel nie.
Mag ons die hande en voete wees wat u liefde na hulle bring.
Seën elkeen van hulle met vrede en krag

Saturday, 14 December 2024
Ons Huis kry 'n verrassingsbesoek van Kimberley Biker's
Ons Huis, die tehuis vir bejaardes, was Saterdag die opgewonde ontvangers van geskenkies, sowel as 'n ruim skenking van doeke vir volwassenes, 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners.
Verskeie
motorfietsklubs het kragte saamgesnoer het vir die Pension Run-inisiatief. Drie plaaslike ouetehuise, Resthaven,
Belgrave Lodge en Ons Huis het by hierdie inisiatief gebaat.
Die organiseerders hoop om die Pensioenlopie 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye vakansieseisoen kan geniet.
Friday, 6 December 2024
Sunday, 1 December 2024
Sunday, 7 July 2024
'n Heerlike sop-en-vetkoek-dag by Ons Huis
'n Koue Saterdag is omskep in 'n onthou-Saterdag, nadat die inwoners van Ons Huis op heerlike warm huissop en vetkoek getrakteer is. Klik HIER vir nog foto's van die engele-uitreik!
Friday, 5 July 2024
Terugblik: Die beginjare van Ons Huis - die tehuis vir bejaardes
![]() |
| Die eerste gebou wat as ouetehuis (Ons Huis) gebruik is. Hierdie gebou was regoor die kerk waar die meenthuise tans is. Voor dit as ouetehuis gebruik is, was dit 'n losieshuis. |
Die doelstelling van so 'n vereniging sou spesifiek wees om nood te lenig en lyding te versag - toestande wat ná die Eerste Wêreldoorlog hoogty gevier het.
Met hierdie edele doel voor oë is die ACVV-tak in Beaconsfield gestig met mev. N Powell as presidente. Die tak alhier het in der waarheid deur die jare veel gedoen om in die nood van behoeftiges te voorsien. Besoeke aan siekes tuis waarheen ook voedsel geneem en barmhartigheidsdienste verrig is, sowel as besoeke aan siekes in die hospitaal, het 'n gereelde instelling geword.
Dienste wat op 'n stadium deur die Departemente Volkswelsyn en Pensioene, Kindersorg en so meer verrig word, was in die vroeë jare die selfopgelegde taak van die ACVV. Finansiële steun soos liefdadigheidsinstansies dit deesdae ondervind, was daar glad nie. Slegs die ywer en liefde vir die saak was vir die klein getal lede waarmee die vereniging gestig was, genoeg aansporing om groot struikelblokke uit die weg te ruim.
Namate die werkkring wyer geword het, het ook die nood van eensame en siek bejaardes na vore gekom - soveel so dat die lede die behoefte aan 'n tehuis vir bejaardes sterk aangevoel het.
Nieteenstaande groot probleme waarvan finansies die vernaamste was, kon daar in 1943 oorgegaan word tot die ingebruikneming van 'n gebou wat sou dien as 'n tehuis vir bejaardes. Hierdie gebou was geleë op die hoek van Rosestraat en Dyerplek en het die mooi naam van "Ons Huis" gekry.
'n Bestuur van Beheer waarin die NG Gemeente Dutoitspan al die jare verteenwoordiging het, is in die lewe geroep met die doel om "Ons Huis" se sake te behartig en alle verantwoordelikheid in verband met die tehuis te dra.
Ons bring hulde aan die vroue wie se name hieronder verskyn. Hulle was die presidentes van die tak, van stigting tot en met 1972. Hulle is: mevv. M Powell, H van Reenen, LA Hough, F Rousseau, D de Waal, E Hugo en J Badenhorst.
In 1957 kon die bejaardes vanuit die ou gebou geneem word na 'n nuwe een, nl. die bestaande "Ons Huis" in Ariadnelaan. Volgens inligting was hierdie tehuis die heel eerste van sy soort wat deur bemiddeling van die ACVV tot stand gekom het met die finansiële steun van Departement Volkswelsyn en Pensioene. Daar was tóé 30 inwoners, maar die waglys het steeds gegroei, sodat daar vroeg in die sestigerjare alweer vertoë gerig moes word om verdere uitbreidings. Só dringend was die behoefte dat dit selfs deur die betrokke staatsdepartemente onderskryf is en in 1966 is die uitbreidings voltooi, sodat daar 48 inwoners gehuisves kon word.
Uitbreidings vir 'n aparte vleuel vir verswakte bejaardes, is goedgekeur. Hier word inwoners op 'n doeltreffende wyse versorg.
Langs hierdie weg bring die bestuur van "Ons Huis" innige dank en waardering aan die verskillende NG Gemeentes in Kimberley en ander donateurs in die stad deur wie se finansiële steun die tehuis se laste ligter gemaak word.
(Inligting uit Eeufees-album van die NG Gemeente Dutoitspan 1972: geskryf deur mev. MJE Abel)

Klik HIER om die storie oor matrone Joey Serfontein se resepteboek te lees. Resepte wat in die kombuis van die ouetehuis gemaak is in haar eie handskrif. Klik HIER om die koeksisterresep in haar eie handskrif te lees. Die kunsbotter waarna daar in die resep verwys word, is margarine.
Die ouetehuis het ook op daardie stadium 'n hond gehad met die naam van Robbie. Robbie is tot in die afgrond bederf deur die inwoners en het homself nie as 'n hond beskou nie. ('n Foto van Robbie op Ons Huis se blog.)
Sunday, 2 June 2024
Nuus van Ons Huis
Die inwoners van Ons Huis se dag is opgevrolik, korter gemaak en in 'n lag-Saterdag verander toe die Angels daar aangevlieg kom. Uit die sakke het ure en ure se handewerk te voorskyn gekom! Elke stekie is met liefde gebrei en gehekel. Hierdie maandelikse Saterdag-kuier is 'n omgee-uitreik wat die hoogtepunt in die maand vir baie inwoners is.
Sunday, 15 October 2023
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons is dankbaar:
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie.
Ons bid in die besonder vir:
Ons Huis: Die inwoners, maar in die besonder vir elke personeellid.
Sally Aucamp: Elke inwoner en elke personeellid.
Neil Retief - tans besig met behandeling.
Ds Ray Goddess: keelkanker.

Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
... nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here. [Rom 8:39]
Thursday, 12 October 2023
Ons Huis en Sally Aucamp
'n Besoek aan Ons Huis en Sally Aucamp is altyd 'n hoogtepunt vir die inwoners. Albei hierdie huise val binne die grense van ons gemeente. Dis so belangrik dat hulle nie vergete eilande van eensaamheid word nie.
Die lewe is gejaagd en daar is min tyd selfs vir jou huismense en mense naby aan jou. Maar in plaas daarvan dat jy vinnig tee by jou vriendin gaan drink, kan julle altwee by Ons Huis gaan tee drink en 'n inwoner of twee se dag ophelder. So baie van die inwoners se kinders kerf 'n lewe in ander lande uit en 'n verrassingsbesoekie kan dalk net die nodige emosionele hupstoot gee.
As jy iemand is wat hou van bak, kan 'n melktert, koek of kolwyntjies net die ding wees om saam te vat na Sally Aucamp toe. Daar is niks lekkerder as 'n soet bederfie saam met 'n koppie tee nie.
Maak 'n plan, knyp 'n tydjie af en besoek gerus die inwoners. Ons Huis het 'n blog wat jy kan besoek om jouself op hoogte te bring. Onthou: ons huis skuif elke dag 'n bietjie nader aan Ons Huis - die huis vir afgetredenes en bejaardes.
Sally Aucamp se gebeure word op Dutoitspan se blog geplaas. Tik Sally Aucamp by die soekblokkie in en lees gerus van al hulle aktiwiteite. Vir enige navrae kan Rina Groenewald gekontak word by 082 447 3332.
Thursday, 28 September 2023
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons is dankbaar:
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie.
Ons bid in die besonder vir:
- Ons Huis: Die inwoners, maar in die besonder vir elke personeellid.
- Sally Aucamp: Elke inwoner en elke personeellid.
- Neil Retief - tans besig met behandeling, hy het reeds die 1ste bestraling en chemo gekry.
- Tan Rhoda wat siek is.
- Ds Ray Goddess: weer keelkanker - het 'n operasie die 22ste Aug. 2023 gehad.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
... nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here. [Rom 8:39]
Thursday, 14 September 2023
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons is dankbaar:
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie.
Ons bid in die besonder vir:
- Ds. Ensie is tans in Ekwendeni (Malawi-Noord, naby Mzuzu). Wat 'n voorreg om die Naam van Jesus ook op hierdie manier te kan versprei!!! SOLI DEO GLORIA!!!
- die voorbereiding en vir die aanbieders van hierdie kursus - dat die saad op vrugbare grond sal val.
- 'n veilige terugreis.
- God se seën op hierdie 3 weke se opleiding, vir die 3 Sondae se eredienste, asook vir elke gesprek tussen-in. (Mt 28:19; Hd 1:4-8)
- Neil Retief - tans besig met chemobehandeling.
- Tan Rhoda wat siek is.
- Ds Ray Goddess: weer keelkanker - het 'n operasie die 22ste Aug. 2023 gehad.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
... nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, sal ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here. [Rom 8:39]
Thursday, 31 August 2023
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons is dankbaar:
- dat die Here vir ds. Ensie 'n geseënde week saam met 15 A4J (Africa4Jesus) studente gegee het, waar hy diePLAN se kerkleierskapsopleiding aangebied het! Alle eer aan Hom wat getrou is!
- vir U genade wat U so onvoorwaardelik op ons uitstort.
- dat ons as 'n gemeente so betrokke by U saak kan wees.
- dat U bemoeienis met ons wil maak.
- dat U verstaan wat ons op aarde beleef.
- dat U in ons lyding en droefheid teenwoordig is.
- dat niks ons van U liefde kan skei nie.
Ons bid in die besonder vir:
- Ds. Ensie wat diePLAN se kerkleierskapsopleiding DV vanaf 2 - 23 Sept (vliegdatums ingesluit) in Malawi moet gaan aanbied. Die 1ste week in die Noordelike deel, die 2de week in die sentrale deel & die 3de week in die Suidelike deel. Sover is daar 115 kerkleiers wat ingeskryf het.
- die kerkleiers in Malawi - dat hulle in groot getalle sal registreer vir die opleiding.
- die voorbereiding en vir die aanbieders van hierdie kursus - dat die saad op vrugbare grond sal val.
- 'n veilige heen- en terugreis.
- God se seën op hierdie 3 weke se opleiding, vir die 3 Sondae se eredienste, asook vir elke gesprek tussen-in. (Mt 28:19; Hd 1:4-8)
- Neil Retief - tans besig met behandeling, hy het reeds die 1ste bestraling en chemo gekry.
- Tan Rhoda wat siek is.
- Ds Ray Goddess: weer keelkanker - het 'n operasie die 22ste Aug. 2023 gehad.
- Danika Vermeulen – in die hospitaal met longinfeksie.
Moet ons vir jou bid?
Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 053 842 1100
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
Dutoitspan se gebed vir elkeen wat hier lees, is ...
dat jy die nabyheid van God in jou lewe sal ervaar,
dat die Here vir jou die vrede van die hemel sal gee,
dat jy met Hemelse blydskap geklee sal word,
en dat jy geseën sal word met genesing
in die kragtige Naam van Jesus Christus.
Amen
Thursday, 24 August 2023
Plaas die volgende op jou gebedslys
Ons Huis- en Sally Aucampinwoners, siekes, personeel!
Almal wat siek is, swaar kry en sonder werk is!
Alle huwelike en gesinne!
Ons land en regering (1 Tim. 2:1-7)
Ons gemeente: Dat ons God eerste sal stel!
Alle huwelike en gesinne!
Ons land en regering (1 Tim. 2:1-7)
Ons gemeente: Dat ons God eerste sal stel!
Neil Retief wat met kanker gediagnoseer is.
Saturday, 14 January 2023
Fondsinsameling: 25 Februarie 2023
Steek jou hand in jou sak vir 'n goeie doel. Kaartjies is reeds aanlyn beskikbaar en fisiese kaartjies sal van Maandag, 16 Januarie, beskikbaar wees by Barristers en MALU Pork.
Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord. Kom ontspan en geniet 75 minute van heerlike komedie.
Enige navrae: Kontak 083 276 4878
Kimberley, kom ondersteun hierdie verdienstelike saak. Die fondsinsameling is vir Ons Huis Versorgingsoord. Kom ontspan en geniet 75 minute van heerlike komedie.
Enige navrae: Kontak 083 276 4878
Sien julle daar!!
Labels:
ACVV,
Barristers,
Fondsinsameling,
Laerskool Newton,
Malu Pork,
Ons Huis,
Ouetehuis,
Versorgingsoord
Subscribe to:
Posts (Atom)

.png)