Thursday, 16 October 2025

Afkondiging: Kersbederf by Ons Huis


Kersfees 2025 is om die draai. Ons wil graag Ons Huis se inwoners bederf met 'n heerlike ete en geskenkies. Ons het egter elke gemeentelid se bydrae nodig om hierdie bederfprojek 'n sukses te maak. 

Bydraes in die vorm van seep, waslappe en koekies, kan by die kerkkantoor afgegee word. 
Afsnypunt vir geskenkies: 24 November 2025

Help ons om Ons Huis-inwoners te bederf en 
om 'n oor-tot-oor-glimlag op hulle gesigte te sit.