Vir hul môregroet en hulle totsiens smiddae.
Dankie vir die kameraadskap
wat ek die ganse dag geniet,
vir hul vriendelikheid en
hulpvaardigheid.
Hoewel ons nie een groot gesin is nie,
is ons tog 'n span wat saamtrek en
saam-saam probleme oplos.
Ons is saam bly oor die sukses van ons onderneming,
saam teleurgesteld as dinge verkeerd loop.
Daar is 'n band tussen ons wat net kan
bestaan tussen mense wat werklik saamwerk.
Soms, wanneer die dagtaak afgehandel is
en ons elkeen ons eie weg inslaan,
is ek met dankbaarheid vervul,
omdat ek al hierdie wonderlike mense
kon ontmoet het.
Seën en bewaar hulle almal, Vader,
dié mense met wie ek saamwerk
en wat vir my só baie beteken.
Amen