Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Jesus praat oor die eindtyd. Baie mense sal God verlaat en afvallig word van die evangelie.
Almal praat nou oor die wegraping en wanneer dit nie gebeur nie skei mense hulle af van God se woord en wil nie meer kerk toe gaan nie.
Laat die Heilige Gees jou vul en leer.
Soos die weerlig wat uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal die koms van die Seun van die mens wees (vers 27).
Wees gereed, want as Jesus op die wolke kom met groot krag en heerlikheid, sal Hy sy engele uitstuur om sy uitverkorenes vanuit die vier windrigtings te versamel, van die een einde van die hemel tot die ander einde daarvan. (vers 30 & 31)
Here, ek wil gereed wees as Jesus kom om my te kom haal. Laat ek getrou wees en die diensvolk hulle voedsel altyd op die regte tyd gee (vers 45). U geregtigheid is my genade deur Jesus Christus, om die ewigheid in u koninkryk in te gaan. Amen.