Sunday, 5 October 2025

Stof tot nadenke

Jesus se woorde behoort deur ons almal ter harte geneem word. Nina Smit het dit as volg verwoord:
Ek was honger en dors - julle het ‘n kommissie benoem om my nood te bespreek.
Ek was in die gevangenis - julle het my stilweg vermy en gebid vir my ontslag.
Ek was naak - julle het ‘n vergadering belê om die etiek van bedelary te debatteer.
Ek was dakloos - julle het vir my gepreek van die geestelike skuiling wat Gods liefde bied.
Ek was eensaam - julle het my alleen gelaat en vir my gaan bid.
Julle bid so mooi en praat so baie - maar ek is steeds honger en haweloos en baie eensaam.