Saturday, 18 October 2025

Kerkgenotjies: Allerlei

* Mediese raad wat op die lange duur finansiële voordele kan inhou:
As jy wil ophou rook, gaan spreek 'n sielkundige. Nadat jy sy rekening gekry het, sal jy nie meer sigarette kan bekostig nie.

* Van watter woord hou 'n vrou die meeste? 
Die laaste een.

* Plesier maak plooie:
"Goeie genade," sê die dokter toe 'n nuwe pasiënt sy hemp uittrek vir 'n ondersoek, "soveel plooie en eelte op 'n maag het ek nog nooit gesien nie! Is dit hoekom jy my kom spreek het?"
"Nee, dokter, ek is hier weens sinus. Dié maag is pure plesier. Ek speel elke naweek trekklavier in 'n boeremusiekorkes." 

* Die Iere:
Gehoor hoe Paddy in die hospitaal beland het?
Hy was besig om die kerk se dak reg te maak. En toe hy die laaste teëls gelê het, het hy teruggestaan om sy handewerk te beskou.