Sunday, 5 October 2025

Mossiestilte: Luk. 18:26-27

Daarop sê die wat dit gehoor het, wie kan dan gered word?
Maar Hy antwoord: Die dinge wat by die mense onmoontlik is, is by God moontlik.

Jy kan so gou mismoedig word omdat al jou harde werk ongedaan of sleg uitgewerk het.
Iemand maak dalk besluite, wat dit waarop jy gehoop het, net nie tot stand laat kom nie en vir jou 'n groot teleurstelling is.
Jy weet dalk byvoorbaat dat, al probeer jy wat, niks kan jou red of help vanuit 'n moeilike situasie, al besluit jy wat. 
Mense maak dalk besluite wat jy weet nie regverdig of reg is nie.
Net God kan daardie situasies of verkeerde besluite tot sy eer uitdraai en selfs vir jou ten goede laat gebeur.
Al bogenoemde laat jou soms reageer, en laat glo dat jy sal nooit ooit gered kan word nie.

Here, ek vertrou U. Alles gebeur vir my ten goede, al lyk dit verkeerd of onregverdig teen my, sal God dit ten goede laat uitwerk. Dit is God se woord; oor elkeen van sy kinders uitgespreek. Laat my geloof my nooit in die steek laat nie; ek vertrou net op God se woord. Die Here gee en die Here neem, geloofd sy die Here. Die Here is my Redder en sal my nooit verlaat nie. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]