Vader, dankie vir seën en liefde uit u genadehand. Dankie dat ek U ken, dat ek u naam oor my lippe mag fluister en na U kan uitroep. Ons kom vanoggend baie dankie sê vir die vrede wat U vir ons voorberei het. Mag ons hierdie vrede as 'n lewende werklikheid ken sodat niks en niemand ons kan laat bewe of vrees nie! Seën ons asseblief in die onbekende dag met U liefde, krag en genade. Dankie, Vader, dat U ons nooit verlaat nie, maar met u liefdeshand beskerm. Amen