Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.
'n Verliefde koning en verliefde vrou; so is God vir my en jou.
Hy wat Koning is wil jou nie verlaat nie en sal jou altyd bly liefhê.
Die Koning bring jou in sy binnekamers, in die huis van sy Vader.
Hy bring jou na 'n plek wat Hy vir jou voorberei het en kom jou weer haal sodat jy kan wees waar Hy is.
En jy sal een wees met die koning en Vader.
Here, ek wil juig en my verheug in U, ek wil U prys meer as wyn. Met reg het mense U lief. U berei my voor vir die grootste en heiligste bruilof ooit. U het u Gees as pand aan my gegee sodat ek kan onthou en bly dink aan U; sodat ek kan uitsien na daardie wonderlike dag wat U my kom haal om by U te wees. Ek sit saam met U in hemelse plekke. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]