Showing posts with label Jannie du Toit. Show all posts
Showing posts with label Jannie du Toit. Show all posts

Sunday, 30 November 2025

Kerslied: Somerkersfees

1. Welkom o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die verlede
Oor sterrevelde ruis.

2. Hoor jy hoe sag die klokke beierin eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.

3. Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
Ons grootste Kersgeskenk.

KOOR
Kersfees kom, Kersfees kom -
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.

* Die eerste twee verse is deur Koos du Plessis (1945-1984)) geskryf in 1971 en die derde deur Jannie du Toit in 2001.

[Klik HIER om na 'n video te kyk. Bron: HIER ]

Wednesday, 26 June 2024

'n Sally Aucamp-dankie!

Die inwoners en komiteelede van Sally Aucamp wil van hulle kant af BAIE DANKIE sê vir die wonderlike ondersteuning met die onlangse fondsinsamelingspoging wat by Kimberley Klub gehou is. 'n Spesiale dankie aan Jannie du Toit vir 'n besondere bydrae.