Sunday 31 January 2021

Huwelikpsalm van Brahm Reyneke

Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
 vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke, ...
Nou weet ons,
ons kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Sy Goedheid en Trou volg ons
al ons dae soos ons skaduwee ...     
(Aangepas-ACRó12/03/2019) 

Tuesday 26 January 2021

Ons besef dit nie aldag nie ...

Ek loop al heeldag met hierdie gevoelente in my hart en dalk is die gevoelente 'n teken dat ek dit in my hart met jou moet deel.  

Die Here slaan my so nou en dan met 'n vyetak van genade oor die kop en dan voel ek só gebless dat ek net wil spring en lag en dans - want Hy is so goed vir ons.

Iemand het vanoggend gesê dat die Here deur mense met mense praat. Dit voel of die Here vandag vir my sê dat ek vir jou moet vertel dat Hy vir jou ongelooflik liefhet - en as jy vandag dalk 'n bietjie af voel, moet jy onthou dat jy baie het om voor dankbaar te wees.

As jy vanaand jou voor die TV uitstrek óf dalk vir jou lekker broodjie smeer óf in die bed klim óf 'n vleisie op die kole gooi, dan moet jy onthou dat ook dit 'n blessing is. 

Eintlik is ons almal met die vyetak van genade geslaan - ons besef dit net nie aldag nie.

[Rob Thoms]

Friday 22 January 2021

Tuesday 19 January 2021

Sunday 17 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag, 17 Januarie 2021, het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Om God regtig lief te hê

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:34-38
  • Joh. 14:15; 21; 23-24; 31
  • 1 Joh. 5:3
Klik op elke deel om deel te wees van die erediens. 

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 17 Januarie 2021 (Druk op die woorde  deel 1, deel 2, deel 3, deel 4 en deel 5 om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoek, indien dit verskyn. Vanoggend se diens bestaan uit 5 dele.)

Friday 15 January 2021

Wednesday 13 January 2021

Pierre Cronjé het die pragtige stukkie geskryf: Amen en koebaai ...

 Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe:

♡ die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes
voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg,
en dan opstaan en die dag voluit aanpak ...

♡ En dan is daar die amen-en-koebaai-dae bid.

♡ Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie,
en sommer net rou emosie is:
☆ verlange wat te veel word,
☆ vrees vir dinge wat wag,
☆ hartseer oor dinge wat gebeur het.

♡ En as mens so voor die Here 'voel', wil mens nie amen sê nie ... 
want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God
julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik.

♡ Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas,
weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie.
Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

♡ Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, 
en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê ...

♡ Op amen-en-koebaai-dae, mag jy maar net stil by Hom sit
en Hom vra om vir jou lief te wees.

♡ Op amen-en-koebaai-dae, mag jy jou oë toemaak
en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou.

♡ Op amen-en-koebaai-dae mag jy maar jou kop
teen Sy bors laat sak, en jou huile huil.

♡ Op amen-en-koebaai-dae maak dit nie saak of jy amen sê nie ... 
want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, 
het gesê: "Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer
van verlang na 'n geliefde nie, nie vir die spoke van die
verlede of die uitdagings wat voorlê nie)."

❤ "Want Ek is by jou ... Altyd"

[Baie dankie, Amanda, wat hierdie stukkie met ons deel.]

Virtuele konferensie


 

Sunday 10 January 2021

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag, 10 Januarie 2021,  het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.


Tema: EK GAAN WEER BEGIN

Skrifgedeelte: 
  • Matt. 22:29
  • Matt. 22:34-40
  • Luk. 10:27

Slotgebed: Lied 284

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 10 Januarie 2021 (Druk op die woord kerkdiens om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer - dit maak oop in OneDrive: Klik dan op die driehoekteken indien dit verskyn. Vanoggend se diens het so 'n paar sekondes van stilte voordat dit begin.)

Friday 8 January 2021

Wednesday 6 January 2021

John 3:16

Sunday 3 January 2021

'n Groot dankie - julle word waardeer

'n Baie groot dankie aan elke leser wat betrokke gelees en gereageer het. 

Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte, preke en skryfsels gestuur het om hierdie blog van Dutoitspan aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie wat tussen die vier mure van hul kamers en huise vasgekeer was, het hoop en inspirasie hier gevind. 

2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, sal voortgaan om nuus, preke en bemoedigende boodskappe te stuur. Ons sien uit daarna. 

Preek: Sien die onsienlike

Luister HIER na die diens uit die NG Kerk
Groot-Brakrivier - Dr. Frans Hancke is die prediker.
 Waar is my plek in God se verhaal? 
Datum: 27 Desember 2020
Ingestuur: Ds. Ensie Enslin


Hope

 

Saturday 2 January 2021