Tuesday 26 January 2021

Ons besef dit nie aldag nie ...

Ek loop al heeldag met hierdie gevoelente in my hart en dalk is die gevoelente 'n teken dat ek dit in my hart met jou moet deel.  

Die Here slaan my so nou en dan met 'n vyetak van genade oor die kop en dan voel ek só gebless dat ek net wil spring en lag en dans - want Hy is so goed vir ons.

Iemand het vanoggend gesê dat die Here deur mense met mense praat. Dit voel of die Here vandag vir my sê dat ek vir jou moet vertel dat Hy vir jou ongelooflik liefhet - en as jy vandag dalk 'n bietjie af voel, moet jy onthou dat jy baie het om voor dankbaar te wees.

As jy vanaand jou voor die TV uitstrek óf dalk vir jou lekker broodjie smeer óf in die bed klim óf 'n vleisie op die kole gooi, dan moet jy onthou dat ook dit 'n blessing is. 

Eintlik is ons almal met die vyetak van genade geslaan - ons besef dit net nie aldag nie.

[Rob Thoms]