Showing posts with label Johannes. Show all posts
Showing posts with label Johannes. Show all posts

Sunday, 13 September 2026

Mossiestilte: Joh. 19:39

En Nikodemus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en allewee van omtrent honderd pond gewig.

Nikodemus is weer gebore nadat hy na Jesus geluister het (Joh. 3)
Die Here kom na jou vanoggend, selfs al het jy lank terug na Jesus geluister, en gee jou weer die versekering van sy belofte om jou sondes weg te neem, al het Hy gesterwe .
Nikodemus het verseker met baie groot vreugde en opgewondenheid daarna die opstanding van Jesus beleef.
Die Heilige Gees bevestig jou geloof en plaas daardie opgewondenheid ook in jou vandag ... die graf is leeg en Jesus sit aan die regterhand van God nadat Hy die Satan uitgeklee het.

Dankie, Here, ek is so bly, my beker loop oor. U het vir my gesterf en die dood oorwin. Ek sit nou in hemelse plekke saam met U; ek is nou mede-erfgenaam saam met U, Jesus, deur u genade wat my vrygemaak het. Ek fokus nou op U, Jesus en weet U is my Verlosser van my sondes. Ek is nou beklee met Christus. Die Heilige Gees bevestig my geloof. Amen.

[Aangestuur]

Sunday, 28 June 2026

Mossiestilte: Genesis en Johannes

Gen. 1:3
En God het gesê laat daar lig wees! En daar was lig.

Joh. 1:9-10
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Joh. 8:12
En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh. 3:19-21
En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Here, en Almagtige Vader, dankie vir u lig, wat die duisternis van die aarde wegneem. U lig is in my en lei my en leer my om die duisternis te oorwin. Die duisternis vlug vir u lig, wat my vrymaak van vrees en sonde. My sonde het aan die lig gekom en U het my bevry, sodat ek my werke in God kan doen. Ek prys U grote Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 27 May 2026

Mossiestilte: Joh 14 :1

Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in my.

Jesus se wysheid is verhewe bo alle denke en redenasies.
God het 'n plan om jou te versorg en vir jou in alles te voorsien.
As jou hart jou dus ontstel, sal God die middelaar stuur om jou vry te spreek, want Hy, is die wet en die profete.
God, het 'n baie beter lewe vir jou in die vooruitsig, waaraan jy selfs nog nie eers aan gedink het nie.

Dankie, Vader en Jesus, vir die feit dat ek nou met u instruksies, die pad suksesvol kan loop. Jesus, U, het klaar vir U genade en barmhartigheid vir my gegee. Ek gee U vanoggend al die eer en heerlikheid, tot in ewigheid. Amen.

Sunday, 22 February 2026

Mossiestilte: Joh. 12:31

[Nou] is dit die oordeel van die wêreld, [nou] sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.


Jesus het as Seun van die mens gesterf en vir jou sondes met sy bloed betaal, daar en dan aan die kruis.
Vers 32 kan met Joh. 14:3 vergelyk word vir verdere studie. Hy sal almal na Hom toe trek. Christus het die Satan (owerste van hierdie wêreld) oorwin en buitentoe uitgedryf. Wandel in die lig sodat die duisternis jou nie kan oorval nie.

Dankie Here, vir u getrouheid om vir my aan die kruishout te betaal. U het die owerste van die wêreld vir my oorwin. Ek is klaar veroordeel omdat ek in U glo, en as U van die aarde verhoog sal word sal U my na U toe trek. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 15 February 2026

Mossiestilte: Die Woord van God

Die Bybel is die Lewende Woord van die Lewende God en geen ander boek kan daarmee vergelyk word nie. Dit is 'n direkte openbaring van God aan die mens om die weg na die ewige lewe aan te dui; en ofskoon dit deur mense geskrywe is, was God self die Outeur daarvan. Sy oorsprong is Bonatuurlik en sy gesag Onbetwisbaar. Dit is Persoonlik van toepassing, besit Herskeppingskrag en is Geïnspireer in totaliteit.

Ongeveer 40 verskillende persone het die Bybel onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf. Hulle het 66 boeke oor 'n tydperk van byna 2000 jaar voortgebring. Hulle was in verskillende lande woonagtig en het in verskillende omstandighede grootgeword. Hulle het verskillende tydvakke belewe en was uit verskillende lae van die samelewing. Een was 'n groot wetgewer; 'n ander een was 'n banneling in Babilonië; nog een was 'n skaapboer van Tekóa; en 'n ander een was 'n skaapwagtertjie wat later 'n koning geword het. Sommige was heersers, ander weer onderdane; party was ryk en ander arm; onder hulle was geleerdes sowel as ongeletterdes; een was 'n dokter, 'n ander een 'n tollenaar en party was ongeletterde vissermanne.

Hulle het in verskillende tale oor elke denkbare onderwerp geskryf. Sommige het nooit die ander gesien of met hulle in aanraking gekom nie. Tog was daar verbasende harmonie in alles wat hulle geskrywe het. Hulle het EEN Boek geskryf. Soiets is ongeëwenaard in die letterkunde en is op sigself bewys van die Bomenslike en Bonatuurlike oorsprong van die Skrif.

Gebore in die Ooste, en geklee in Oosterse vorm en beeldspraak, betree die Bybel die weë van die wêreld met bekende voetstappe.

Die Bybel se boodskap is van toepassing op mense van alle tye en op alle vlakke van die samelewing. Dit spreek in honderde tale tot die harte van manne en vroue. Kinders luister met verwondering en genot na sy verhale, en wyse manne bepeins dit met diepe ontsag.

Dit is 'n woord van advies in tye van nood;
'n Woord van troos wanneer die onheil tref;
Dit verskaf lig in tye van donkerheid;
En dit adem mirre en wierook by die wieg en die graf.
Die kwaaddoeners en hooghartiges word deur sy uitsprake bedreig;
Maar tot die gewondes en boetvaardiges spreek dit met die stem van 'n moeder.

Die hooftema van die Bybel is Christus en Sy versoeningsdood aan die Kruis om 'n verlore mensdom te red. 

Sy boodskap word volmaak opgesom in die woorde van Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." 

[AJ Steyn]

Sunday, 4 January 2026

Mossiestilte: Joh. 11:25 & 26

Jesus antwoord vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Jesus het vir jou sondes gesterwe en vir jou die ewige lewe gegee.
Jy sal nooit sterwe as jy in Christus Jesus glo nie.
As jy glo, is Christus jou opstanding en lewe, al het jy ook gesterwe.
Hierdie lewe op aarde is waarvoor God jou geskape het, om sy wil te volbring en Hom te verheerlik.

Dankie, Here, ek is verseker van die ewige lewe omdat U vir my met u bloed betaal het. Ek luister na U stem en volg U, want ek is deel van u kudde deur u genade (vergelyk Joh. 10:27). Ek en die Vader is een, (Joh. 10:30). Dit getuig van U, my Vader, se liefde vir my. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 3 August 2025

Mossiestilte: 1 Joh. 1:7b + 3:9

... en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde
Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in Hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.

Lees ook 1 Joh. 1:9
Hoe weet jy dat jy 'n kind van God is; aan die Gees wat Hy ons gegee het. (1 Joh. 3:24b)
Jy is uit God, my kind en het die wêreld oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. (Joh. 4:4)
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. (1 Joh 5:4)
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Joh. 5:5)

Dankie, Here, U het my 'n oorwinnaar gemaak deur u genade in my geloof. Ek is nou meer as oorwinnaar deur Christus wat my liefhet (Rom. 8:37). Ek glo in die Seun van God en het die getuienis in myself (1 Joh. 5:10a). En dit is die getuienis: dat God ons die lewe gegee het, en die lewe is sy Seun (1 Joh. 5:11). 
Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 18 December 2024

Mossiestilte: Joh. 15:5

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder my kan julle niks doen nie.

Jy is ingeënt op die enigste ware wynstok, Jesus Christus. Slegs in Hom kan ons veel vrug dra, want Hy alleen gee ons die vermoë om die vrug te kan dra, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Ten spyte van jou swakhede gee God aan jou die krag om goeie vrugte te dra wat by die bekering pas.

Here, my God, ek verlustig myself in u heerlikheid. Ek is 'n loot en moet vrug dra. Die wynstok dra nie vrugte nie, maar stuur krag na die lote wat vrugte moet dra. Dankie Here dat U my deelgemaak het van u koninkryk, al is ek swak en geneig tot kwaad, maar U sal my bo my skaamte verhef. Ek sê weer net dankie en met blydskap in my hart, wil ek U loof en prys. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Thursday, 8 August 2024

Die vurk

‘n Jong meisie is met ‘n terminale siekte gediagnoseer. Menslik gesproke het sy nog drie maande om te leef. Sy begin dadelik om haar sake in orde te kry. In ‘n gesprek met haar predikant versoek sy watter liedere sy graag op haar begrafnis wil laat sing, asook die skrifgedeelte wat hy moet lees.

Toe die predikant groet, onthou sy nog iets wat vir haar baie belangrik is. “Daar is nog iets, Dominee.” “Wat is dit?” 
“Ek wil graag met ‘n vurk in my hand begrawe word. Dis vir my baie belangrik.” 
Die predikant lyk verdwaas. “Wat ‘n eienaardige versoek”.
“By die restaurante waar ek al sosiale funksies bygewoon het, het iemand na die hoofdis, wanneer die eetgerei weggeneem word, gefluister: “Hou jou vurk.” Dan het ek geweet daar is nog iets heerlik wat gaan kom, soos veerligte sjokoladekoek of besonderse appeltert. So wil ek graag hê die mense moet my in my kis sien met ‘n vurk in my hand. Ek wil hê elkeen moet wonder en vra: “En die vurk? Waarvoor is dit?” Dan moet u antwoord: “Hou jou vurk, as jou saak met die Here reg is, kom die beste nog.”

Met trane in sy oë groet die leraar. Hy besef die jong vrou het ‘n wonderlike idee van die hiernamaals. Selfs beter as hy. Selfs beter as ouer gelowiges met baie meer lewenskennis. Sy WEET iets beter wag op haar, want haar saak met God is reg.

By die begrafnis hoor die predikant dan ook telkemale: “En die vurk?” En hy glimlag net. In sy boodskap verduidelik die leraar die meisie se uitsonderlike wens en wat dit simboliseer. Hy getuig hoe die mooi storie in sy gedagtes bly.

“Ek is seker elkeen van julle gaan ook oor en oor daaroor dink.” 

Hy was reg. En elke keer wanneer jy jou vurk optel, onthou: As my saak met God reg is, is die beste nog op pad!!!

Toepassing: 
Koester die tyd wat jy nog gegun word. Maak seker jou saak met God is reg. Jesus sê in Joh 14:6 “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, NIEMAND kom na die Vader toe behalwe deur MY nie”.
Die beste wat voorlê kan NET joune wees as jou saak met God reg is! DAN lê die beste deel nog vir jou voor!

Hou jou vurk gereed kind van God ... Die beste lê nog voor!!! 

[Dankie, Valerie, ons waardeer jou gereelde bydraes.] 

Tuesday, 4 February 2020

Thursday, 16 January 2020