Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in Hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Lees ook 1 Joh. 1:9
Hoe weet jy dat jy 'n kind van God is; aan die Gees wat Hy ons gegee het. (1 Joh. 3:24b)
Jy is uit God, my kind en het die wêreld oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. (Joh. 4:4)
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. (1 Joh 5:4)
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Joh. 5:5)
Dankie, Here, U het my 'n oorwinnaar gemaak deur u genade in my geloof. Ek is nou meer as oorwinnaar deur Christus wat my liefhet (Rom. 8:37). Ek glo in die Seun van God en het die getuienis in myself (1 Joh. 5:10a). En dit is die getuienis: dat God ons die lewe gegee het, en die lewe is sy Seun (1 Joh. 5:11).
Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]