Friday, 29 August 2025

Genade, onbeskryflik groot

1. Genade, onbeskryflik, groothet U aan my bewys:
verlore seun - 'n wegloopkind -
weer in die Vaderhuis.

2. Ek is die naam van kind nie werd -
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.

3. Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Nog voordat ek kon skuld bely,
druk U my aan die bors.

4. Genade, onbeskryflik groot -
daar's fees, ek is weer tuis.
U Seun bring my - verlore mens -
weer in die Vaderhuis.

Lied 510
NG Kerk Uitgewers