Saturday, 9 August 2025

Kerkgenotjies: Ander lande

* Een van die gemeentelede wil graag Australië toe emigreer.
Hy gaan kry al die vorms by die ambassade. Voor die klerk dit vir hom gee, vra hy eers: "Was u al ooit skuldig aan enige misdrywe?"
"Nee," antwoord die gemeentelid, "maar is dit steeds 'n aanbeveling?"

* Eendag kom 'n Amerikaner in Suid-Afrika vakansie hou. Terwyl hy in die supermark inkopies doen, sien hy groenmielies.
"Wat is dit dié?" vra die Amerikaner.
"Dis mielies, vars uit die Vrystaat," antwoord die winkelassistent.
"O, in Amerika is die mielies seker drie keer so groot."
Hy kom by die tamaties, bloedrooi en so groot soos tennisballe. "Watse goed is dit dié?" vra hy.
"Dis tamaties," antwoord die winkelassistent.
"O, in Amerika is ons tamties so groot soos sokkerballe."
Die winkelassistent raak toe lekker dik vir hierdie arrogante Amerikaner.
By die waatlemoene vra die Amerikaner weer: "Wat's dit dié?"
"Dis ons druiwe," antwoord die winkelassistent.