Showing posts with label Koevert. Show all posts
Showing posts with label Koevert. Show all posts

Friday, 5 June 2026

Gedagte uit 'n koevert: Die eie-ek

Elke dag word daar gesnoei
Aan die eie-ek wat nog iewers broei
Altyd groei daar weer 'n loot
Wat jy gedink het, is lankal dood

So moet die Snoeier aan jou werk
Elke dag en dit maak jou net sterk
Die middelstam waaraan die takke groei
Sodat dit elke jaar net mooier bloei.  

[Dankie, Mariet Hobbs]

Friday, 29 May 2026

Gedagte uit 'n koevert: Die geheim van 'n gelukkige lewe

Een van die geheime 
van ‘n gelukkige lewe,
is dankbaarheid. 

As ek en jy dit kan regkry 
om met dankbaarheid te leef, 
verander dit die wêreld vir ons. 

Begin ons verby die dinge kyk
wat die lewe vir ons moeilik maak, 
en sien ons die seën wat ons het, raak.

Friday, 22 May 2026

Gedagte uit 'n koevert: Dankbaarheid leef in aksies

Dankbaarheid is egter nie net ‘n emosie nie,
maar gaan altyd oor tot aksie.
Dankbaarheid inspireer my om my geloof uit te leef,
om saam met ander gelowiges Sondae God te loof
en te dank vir Sy genade,
lief te wees vir God se kinders,
iets van die baie wat ek ontvang,
terug te gee met my tiende,
en elke dag met vreugde te leef!

Friday, 15 May 2026

Gedagte uit 'n koevert: Raadop?

Mense is dikwels RAADOP, 
nie omdat raad op is nie, 
maar omdat hulle nie die Raadsman 
geraadpleeg het nie.

Friday, 8 May 2026

Gedagte uit 'n koevert: Laste en bekommernisse

Wanneer ek my hand in Syne sit, 
word swaar laste ligter en 
bekommernisse kleiner.

Friday, 1 May 2026

Gedagte uit 'n koevert: God se liefde en genade

Vandag is die perfekte dag 
om God se liefde en genade 
te deel met almal om ons!

Friday, 24 April 2026

Gedagte uit 'n koevert: Haar kroon aan Sy voete

Een van die kapelane van wyle koningin Victoria het by geleentheid oor die wederkoms van Christus gepreek. Na die diens het die koningin teenoor die kapelaan opgemerk: "O, ek wens die Here kom nog in my leeftyd!"
"Waarom dan?" wou die kapelaan weet.
Die koningin was merkbaar aangedaan. "Ek sou so graag my kroon aan Sy voete lê."

Friday, 17 April 2026

Gedagte uit 'n koevert: Word stil ...

Soms neem die Heer die sonskyn weg 
en pak die wolke saam.
Daar is nie altyd vreugde nie; 
heel dikwels 'n traan.
Is dit nie dalk die tyd dat Hy wil nader aan jou kom?
Het jy toe 'n oomblik stil geword 
en mooi gepraat met Hom?
[AM du Preez]

Friday, 10 April 2026

Gedagte uit 'n koevert: Die skepping

Dit is verbasend hoeveel moeite God gedoen het om 'n volmaakte tuiste vir die mens te berei. Die berge, die dale en riviere, die diere, die visse en die voëls, die plante, bome en die blommeprag - alles het God terwille van die mens geskape. Daarom moet ons dit opreg waardeer en ten beste benut in plaas van dit te misbruik
.  

Friday, 3 April 2026

Gedagte uit 'n koevert: Belofte

Moenie te gou moed opgee nie;
Vertoef by 'n belofte 
totdat God jou daar ontmoet.

[Spoorwegbode]

Friday, 27 March 2026

Gedagte uit 'n koevert: Storms

Jesus Christus is geen waarborg 
TEEN storms nie, 
maar Hy is 'n absolute waarborg 
IN die storm.

[Geleen] 

Friday, 20 March 2026

Gedagte uit 'n koevert: Spinnekop

'n Man het elke keer in die biduur gevra dat die Here tog die spinnerakke uit sy lewe moet verwyder, 
totdat iemand op 'n dag uitgeroep het: "Here, maak liewer die spinnekop dood!"

Friday, 13 March 2026

Gedagte uit 'n koevert: Toevlug

God is 'n Toevlug in die nood;
'n Rots wat altyd vas bly staan.

Psalm 46:1 

Friday, 6 March 2026

Gedagte uit 'n koevert: Wysheid

Enigiemand kan kennis opdoen, maar Wysheid moet van God verkry word.

[Spoorwegboodskapper]

Friday, 27 February 2026

Gedagte uit 'n koevert: Ons beste

As ons ons beste vir God gee,
kan ons Sy beste van Hom verwag, 

Friday, 20 February 2026

Gedagte uit 'n koevert: Knieologie

Baie predikers het al die onderspit gedelf, 
nie omdat hulle teologie verkeerd was nie,
maar omdat hulle hul knieologie verwaarloos het.  

[Die Pelgrim]

Friday, 13 February 2026

Gedagte uit 'n koevert: Wegkruip

Daar is baie mense 
wat vir die Here 
in die kerk wegkruip! 

Friday, 6 February 2026

Gedagte uit 'n koevert: Hoop

'n Godloënaar het 'n rede,
maar geen hoop nie.
'n Huigelaar het hoop,
maar geen rede vir sy hoop nie.
'n Christen het hoop
en 'n rede vir sy hoop.

[Anoniem]

Friday, 30 January 2026

Gedagte uit 'n koevert: Bruikbaar

Mense bid dikwels dat God hulle moet gebruik, maar Hy kan nie. Hulle is nie aan Hom oorgegee nie. Hulle stoflike belange, hul eer en posisie staan in die pad.

[Anoniem] 

Friday, 23 January 2026

Gedagte uit 'n koevert: Gewete wat rek ...

Wanneer 'n mens dink dat jou uitkyk op die lewe breër word,
is dit dalk maar net jou gewete wat jy laat rek.

[Anoniem]