Tuesday 31 December 2019

Monday 30 December 2019

Sunday 29 December 2019

My grondpadjaar ...

Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op 'n beter plek te kom as gister ... soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie. Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai ... Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek op pad verloor, maar dis okay ... daar was dorings wat my vele kere gesteek het, sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie … maar dis ook okay ...
Dit was n lang pad,
soms sonder water,
soms sonder suurstof,
soms met geskeurde skoene maar dit was 'n goeie pad …
Iets geleer? Absoluut!
* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie, maar wel net saam met jou ...
* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie ...
* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie ...
* Dat min mense jou enduit gaan help ...
* Dat beloftes soms leë woorde is ...
* Dat opgee nooit n opsie is nie ...
* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê ...
* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan,
   omdat hulle dit nie vir jou gun nie....
* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat
   mens regtig wil bereik nie ...

Ja, daar was goed én sleg, maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê ...

Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het - ek het by elkeen iets geleer.
Wat nou voorlê, weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:
* Ek beter skoene moet kry
* 'n Groter rugsak
* Meer water en
* Soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak ...
Reis veilig ...
wees lief vir mekaar ...
help mekaar ...
droom saam ...
lag saam ...
maak tyd vir mekaar ...

Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2019 kon dra ...
Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2020
en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie ...
Mag die laaste dae van 2019 net vol sonskyn en liefde wees
en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.
Mag 2020 gevul wees met die keur van Sy seëninge in jou lewe.

Friday 27 December 2019

Joy ...


Thursday 26 December 2019

Wednesday 25 December 2019

Seënwense vir Kersfees



Klaas Verlaat se krismis

Hier het ons nie sneeu nie. Nee, hier is net bossies en 'n paar brandmaer skapies. As jy jou verbeelding gebruik, kan 'n skaap seker 'n Karoo-sneeuman wees. Hier het ons darem sterre ... miljoene van hulle. En dis bitter mooi. Ek sit juis op die stoep en teug aan my twakpyp. Die kinders slaap al. Vrougoed is ook in droomland. Nou sit ek hier ... op my geroeste parafienblik. Ek het al drie draadkarre uit bloudraad gebuig. Santjie kon help met 'n paar Cobra polish-blikke vir wiele. Hierdie is Jamie se 4x4-bakkie. Veertien kleiosse staan op die kraal se muur. Die son moes hulle nog so bietjie bak. Ek sug. Op die sideboard het ons 'n vetplant staan gemaak. Miena het propperse Krismisballe op die punte van die stekelblare vasgemaak. Oor 'n paar ure is dit Kersdag. Hier het ons nie fancy Krismisbome nie. Ook nie tinsel nie. Liggies gaan nie werk nie. Ons kook op die primus. Die naaste krag is op die dorp. Nee, hier moet ons kerse brand op Kersfees.

Die kinders sal vroeg op wees. Dis 'n Kerfeesding. My hande is seer. Draadbuig is nie maklik nie. Die maan hang groot aan die hemel. Die sterre dans al om die ou grote se ligkring. Dis darem mooi. Onse Jirre is groot. Onse Jirre ken van decorate. Niks is mooier as die sterrenag nie. Soos in Betlem ... die sterre moes daardie aand nog mooier wees. Die Jirre moes seker af-show, want om Sy Kind aarde toe te stuur, is 'n groot affêre. Selfs die wyse manne kon sien dat die grootste ster van almal, special was. Volg hom ... al die pad en stop toe voor 'n krip. Goud, wierook, mirre ... jislaaik, daai was fancy geskenke.

Ek kyk na die draadkarre. Ek sug weer. Jamie soek mos een. Klein Fielies se kleiosse gaan haar span volmaak. Die ossewa is ook al gepaint. Die dag breek oor my huis se dak. 'n Hoender kraai. Jamie was eerste op. Fielies het gevolg. Ons het voor die kaktus Krismisboom gaan staan. Ons het gebid. Ons het Stille Nag gesing. Vrougoed het al gister 'n hoender gebraai. Die maat van die een wat netnou-net gekraai het. Dis darem Krismis mos.

In die stofstraat speel die kinders. Jamie jaag sy 4x4 tot bo teen die bult uit. Fielies se osse kreun vooraan die olieblik-ossewa. Daai klippe moet bult uit ... vandag nog. Hulle lag. Hulle speel en die belofte van gebraaide hoender en tuisgemaakte Custard vir poediing, maak hulle opgewonde.

Krismis hier, is anders. Jy sien, die vreugde van Kersfees lê in die eenvoudige dinge. Soos 'n krip in 'n stal. 'n Kaktus Krismisboom op die sideboard. Draadkarre en kleiosse bring vreugde. My hart is skoon.

Ek kyk by die deur uit ... 'n Paar skaap-sneeumanne hardloop verby. Ek glimlag.

Ons hou Krismis in die Klein-Karoo
Dis die hemelkind van Betlem, waarin ek bly glo
Niks meer kan ek gee, as my handewerk
Ons hou in die voorhuis ons eie kerk
En gee uit my hart die biejie wat ek het
Die groot ding van Krismis is ...
Die Jirre het ons vrot siele kom red.
Elke een van ons ... sommer net so ...
Ons het nie eers gevra nie ... Hy het sommer net kom gee.

Kyk op na die sterre
Kyk af tot in jou eie hart
Dis Klaas Verlaat se arm Krismis dié ...
maar die Jirre se Goud, Wierook en Mirre lê vol in my hart.

[Pieter Bonthuysen]

Tuesday 24 December 2019

Monday 23 December 2019

Stille nag van vrede ...

Welkom‚ o stille nag van vrede‚
onder die suiderkruis‚
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal.
Kyk selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk‚
toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
ons grootste Kersgeskenk.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Amen

(Koos du Plessis – 1971‚ strofes 1-2 & Jannie du Toit – 2001‚ strofe 3)
(Lied 358‚ Liedboek van die Kerk)

Sunday 22 December 2019

Saturday 21 December 2019

Friday 20 December 2019

Thursday 19 December 2019

Wednesday 18 December 2019

Tuesday 17 December 2019

Monday 16 December 2019

Sunday 15 December 2019

Love ...


Saturday 14 December 2019

Friday 13 December 2019

Thursday 12 December 2019

Wednesday 11 December 2019

Tuesday 10 December 2019

Sunday 8 December 2019

Dankie vir elkeen ...

Ons Hemelse Vader het ons weer eens ryklik geseën tydens die Kersmark. Dankie vir almal se ondersteuning en harde werk ... sonder julle sou die mark nie suksesvol kon wees nie. Ons waardeer julle!

Saturday 7 December 2019

Kersmark met 'n boodskap!

Ongekende belangstelling en ywerige samewerking kenmerk die eerste kersmark van Dutoitspan. Ons sien uit na 2019 se kersmark.

Friday 6 December 2019

Thursday 5 December 2019

Wednesday 4 December 2019

Tuesday 3 December 2019

Monday 2 December 2019

Remember to turn on the light ...


When I stand before God at the end of my life

“When I stand before God at the end of my life, 
I would hope that I would not have a single bit of talent left, 
and could say, 'I used everything you gave me.”
- Erma Bombeck

Sunday 1 December 2019

Liefde het krag ...


Desembervakansie ...

'n Heerlike vakansie aan al die gemeentekinders wat hierdie jaar baie hard gewerk het en wat nou 'n welverdiende vakansie hou. Sterkte vir volgende jaar en al die nuwe uitdagings wat 'n nuwe graad aan julle stel.