Showing posts with label Belydenisaflegging. Show all posts
Showing posts with label Belydenisaflegging. Show all posts

Sunday, 23 November 2025

Belydenisaflegging 2025 (Deel 1)

Aangesien julle die kerkraad oortuig het van julle genoegsame kennis van die Bybel en van die leer van die kerk en van julle persoonlike geloofsvertroue, het die kerkraad met blydskap toestemming verleen dat julle in die openbaar julle geloofsbelydenis mag aflê en so toegang kry tot die nagmaal. Daarom versoek ek julle om voor God en sy gemeente op die volgende vrae opreg te antwoord:
Ten eerste: Glo jy dat die leer soos in die Ou en Nuwe Testament en in die artikels van die Christelike geloof vervat is en in die kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die verlossing is?
Ten tweede: Beloof jy om as lidmaat van die gemeente van Christus deur sy genade in die beiydenis van die leer tot die einde van jou lewe te volhard, en alle Ieringe wat daarvan afwyk, te verwerp?
Ten derde: Bely jy dat die Here Jesus Christus jou persoonlike Verlosser is en dat jy Hom liefhet? Beloof jy om Hom te dien, sy Naam getrou te bely voor die mense en om aktief aan die werksaamhede van die kerk deel te neem?
Ten slotte: Beloof jy dat jy jou onderwerp aan die kerklike opsig en tug? 
Foto's: Ds. Ensie Enslin

Belydenisaflegging 2025 (Deel 2)


Foto's: Elsa Minne

Sunday, 17 November 2024

Belydenisaflegging 2024

Baie geluk aan ons nuwe lidmate wat vandag belydenis van hulle geloof afgelê het. Julle is só welkom in ons geloofsfamilie. Baie geluk aan die ouers en grootouers wat vandag in die vreugde van hierdie spesiale geleentheid kom deel het.














Foto's: Elsa Minne

Belydenisaflegging 2024

Dagboek

Tuesday, 21 November 2023

Belydenisaflegging 2023

Dit is lekker om op ‘n dag soos vandag te kan bymekaarkom, om hier te kan wees en om in die vreugde van ouers, grootouers en jongmense te kan deel waar hulle belydenis van geloof aflê.

Belydenis was nog altyd ‘n spesiale geleentheid in ‘n jongmens se lewe. Dis ‘n geleentheid om te antwoord op God se roepstem wat ons reeds met ons doop hoor. Dit is ‘n kans om te getuig van dit wat ons glo as kinders van God en om aan te meld vir diens in die huisgesin waarin God ons laat grootword het.


Die afgelope Sondag het Deandré en Aiden Jacobs en Jordan Hess en Rialdo Ekkerd die voorreg gehad om voor die gemeente hulle geloof te bely.


Klik HIER om die spesiale geleentheid in beeld te sien




Dankie, Elsa, vir die foto's.