“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
• Ons almal ken die gesegde: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
• Wanneer iemand onder druk is en kookpunt bereik, is daar geen voorgee nie, maar die ware mens kom na vore.
• Geliefde, die vraag wat net jyself kan antwoord, is wie woon in jou as jy kookpunt bereik, die slegte of die goeie mens?
• Kies vandag dat God se Gees in jou woon en wanneer jy onder druk is, kom God se woord van geloof en hoop uit.
Gebed: Here, vergewe my vir die tye wat ek die slegte mens toegelaat het in my lewe. Here, ek kies vandag om te lewe deur U Gees wat in my woon sodat die goeie mens na vore sal kom. In Jesus naam. Amen
Showing posts with label Lukas. Show all posts
Showing posts with label Lukas. Show all posts
Wednesday, 17 June 2026
Sunday, 17 May 2026
Mossiestilte: Luk. 22:32
Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is moet jy jou broeders versterk.
Jesus bid vir jou en gee lewe in oorvloed vir jou vir ewig en Hy hou nie op om vir jou te bid nie.
Jesus tree daagliks vir jou in by die Vader en in sy lankmoedigheid, gee Hy vir jou barmhartigheid, want die Satan het begeer om jou soos koring te sif.
Sy genade is vir jou genoeg.
Jy wat nou sterk is moet vir jou broers bid.
Dankie Vader, vir u grote genade wat ons geloof elke dag versterk. U gee nooit op om my naam te noem in gebed by die Vader nie. U het 'n plan met my lewe, al is ek nou swak en verloën ek U, bly U by my en verlaat U my nooit nie. U sorg dat ek verlos is van die bose. Nou bid ek vir my broers dat hulle ook tot bekering sal kom in Jesus Naam. My geloof hou nie op nie, want U hou nie op om vir my te bid nie. Baie dankie, my Koning Jesus. Amen.
Wednesday, 5 November 2025
Mossiestilte: Luk. 10:38
En sy het 'n suster gehad met die naam Maria; dié het by die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
Waar sit jy vanoggend met jou beplanning, spanning, en wagtende probleme wat jou deur die nag wakker hou?
Gaan sit by die voete van Jesus, want daar is verlossing.
By die voete van Jesus is daar genesing, dáár is God se genade.
By die voete van Jesus kry jy wysheid, liefde en genade.
Dankie, Vader, by u Seun vind ek vrede vir my gemoed. U blydskap en vreugde vul my vir die dag nog voor ek begin. Ek sien dalk nie die oplossings nie, maar my verwagting is van U wat die onmoonlike moontlik maak. U sal my beplanning sorgvuldig in plek sit en die uitvoering daarvan, stuur in die rigting wat u Naam sal verheerlik. Ek bly vandag by u voete Here, al is hulle deurboor; U is naby my en sal my nooit alleen laat nie. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Sunday, 14 September 2025
Mossiestilte: Luk. 2:27-30
En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,
het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:
Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,
omdat my oë u heil gesien het,
Die Here het aan jou sy Heilige Gees gegee om Hom raak te sien selfs wanneer jy dit dalk die minste verwag.
Die Gees van God sal jou nou in sy genade laat leef.
Die Gees van God sal jou leer en lei om sterker in die Woord te word en die genade te deel van Christus vir almal om jou.
Simeon en Anna het God se aangesig gesoek en was deur God se Gees gelei om die verlossing van God te sien.
Mag God ook so aan jou wys, wie en wat hy vir jou en die hele aarde beteken.
Here, ek bid nou u Heilige Gees oor my. Wys my in u wysheid en krag, u heil en verlossing. U genade is genoeg vir my. Laat ek ook groei en sterk word in die Gees vol van wysheid.(vers 40).
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Tuesday, 1 July 2025
Mandjie Hoop: Koop die regte aandele
Daar is nie fout om baie besittings te hê nie. Die probleem lê daarin dat jou rykdom jou identiteit vorm. Jy is wat jy besit. (Luk. 18)
Mense van aansien en rykdom, word dikwels in koerante en in die media deur die wêreld aangeprys. Gewone mense verdwyn eenvoudig in die massa. Hulle lewe lyk vir die man op straat onbelangrik. Jakobus help ons egter met hierdie siening. Gaan lees dit gerus as jy die dag plat op die grond sit, omdat jou besittings nie die wêreld se standaarde ewenaar nie. Rykdom wat ewigheidswaarde het, is jou kennis van God, jou verhouding met God en jou betekenisvolle verhouding met ander mense. Belê jou rykdom in die Ewigheidsbank. (Matt 6: 19-21)
Wednesday, 25 September 2024
Mossiestilte: Luk. 6:19
En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
Die groot Geneesheer waak vandag oor jou, en wil jou aanraak en jou gesondmaak. Krag gaan gedurig van Jesus uit aan almal wat Hom aanraak; Sy krag is 'n onuitputbare ewige bron van krag. Praat vanoggend met Jesus en vertrou Hom, om jou te genees. Jesus het nie vir die regverdiges gekom nie, maar vir die wat ongesteld is, want hulle het Hom nodig.
Here, ek het U daagliks nodig. Ek moet elke minuut van elke dag myself aanspreek, om gehoorsaam te wees aan U alleen. Ek roep U elke dag aan, of dit goed gaan en of ek ongesteld is. U Heilige Naam wil ek elke dag verheerlik en verkondig. U genees my; krag van die Ewige Koning, gaan uit U uit en versterk en genees my. U is hoog en verhewe. Mag u Naam verheerlik word. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Wednesday, 28 August 2024
Mossiestilte: Luk. 6:19
En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
Die groot Geneesheer is vandag wakker oor jou, om jou gesond te maak. Krag gaan gedurig van Jesus uit aan almal wat Hom aanraak. Sy krag is 'n onuitputbare ewige bron van krag. Praat vanoggend met Jesus en vertrou Hom, om jou te genees. Jesus het nie vir die regverdiges gekom nie, maar vir die wat ongesteld is, want hulle het Hom nodig.
Here, ek het U daagliks nodig. Ek moet elke minuut van elke dag myself aanspreek, om gehoorsaam te wees aan U alleen. Ek roep U elke dag aan, of dit goed gaan en of ek ongesteld is. U Heilige Naam wil elke dag verheerlik en verkondig. U genees my; krag van die ewige koning, gaan uit U uit en versterk en genees my. U is hoog en verhewe. Mag u Naam verheerlik word. Amen.

Sunday, 9 June 2024
Mossiestilte: Luk. 24:45
Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
Die vervulling van die profetiese woord en wat geskrywe is in die wet van Moses, asook in die Psalms, het klaar plaasgevind. God wil ook jou verstand vandag open om te verstaan wat jou doel hier op aarde is. Aanvaar die vergifnis van Jesus en bekeer jouself, verkondig die blye boodskap aan die mense. God gee sy genade vir jou om elke dag te lewe en die ewige lewe te beërwe.
Dankie Here, dat U my nuut gemaak het en dat ek elke dag in U genade kan lewe. Open my verstand Here, dat ek die Heilige Gees kan sien en ervaar in my lewe. Open my vestand dat ek die Skrifte kan verstaan; die profete en die Psalms, en te kan verstaan dat U die ewige lewe gegee het dat ek die ewige lewe kan beërwe. Noudat ek met krag uit die hoogte versterk is deur die Heilige Gees, kan ek die blye evangelie met moed en oortuiging aan almal op my pad bring. Amen.

Subscribe to:
Posts (Atom)