As jy eerlikheid plant, sal jy vertroue oes.
As jy integriteit plant, sal jy karakter oes.
As jy opregtheid plant, sal jy goeie dinge oes.
As jy respek plant, sal jy vriende oes.
As jy goedheid plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy vriendelikheid plant, sal jy glimlagte oes.
As jy geduld plant, sal jy kalmte oes.
As jy goeie dade plant, sal jy hoop oes.
As jy dankbaarheid plant, sal jy innerlike geluk oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes
As jy volharding plant, sal jy bevrediging oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy sweet plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy jou hart plant, sal jy liefde oes.
As jy geloof, hoop en liefde plant, sal jy die mooi van die lewe oes.
Showing posts with label Vriendelikheid. Show all posts
Showing posts with label Vriendelikheid. Show all posts
Tuesday, 6 October 2026
Mandjie Hoop: As jy ...
Labels:
Eerlikheid,
Geduld,
Geloof,
Genade,
Goedheid,
Hartsake,
Hoop,
koppie tee,
Liefde,
Mandjie hoop,
Respek,
Teetyd,
Vergifnis,
Vriendelikheid
Tuesday, 21 April 2026
Mandjie Hoop: Minsaamheid ...
Die beste beskrywing vir minsaamheid mag miskien wees: Liefde in aksie.
Liefde ontstaan uit 'n gevoel van barmhartigheid, medelye, van waarlik omgee vir andere, en 'n diep begeerte om hulle gelukkig te sien.
Selfs die geringste gebare van vriendelikheid teenoor ons medemens, kan verreikende gevolge hê, baie soos die golfies op 'n dam water wanneer 'n klippie daarin gegooi word.
Vriendelikheid kos so min, en is tog só kragtig dat dit mense se woede kan stil, hul pyn kan versag, en hul help om hulself as waardevolle kinders van 'n Hemelse Vader te sien.
'n Paar minute van onverdeelde aandag om te luister en te hoor wat 'n vriend vir ons wil sê - 'n glimlag of 'n sagte drukkie, is alles maniere waarop ons sê: "Ek gee om vir jou. Jy is baie belangrik vir my."

Die gedagtes, woorde en dade wat voortbloei uit ons liefdevolle hart, kan al hoe wyer van ons af uitkring, en 'n vriendeliker, liefdevolle wêreld tot gevolg hê.
Subscribe to:
Posts (Atom)