Tuesday, 21 April 2026

Mandjie Hoop: Minsaamheid ...

Die beste beskrywing vir minsaamheid mag miskien wees: Liefde in aksie.
 
Liefde ontstaan uit 'n gevoel van barmhartigheid, medelye, van waarlik omgee vir andere, en 'n diep begeerte om hulle gelukkig te sien.

Selfs die geringste gebare van vriendelikheid teenoor ons medemens, kan verreikende gevolge hê, baie soos die golfies op 'n dam water wanneer 'n klippie daarin gegooi word.
 
Vriendelikheid kos so min, en is tog só kragtig dat dit mense se woede kan stil, hul pyn kan versag, en hul help om hulself as waardevolle kinders van 'n Hemelse Vader te sien.

'n Paar minute van onverdeelde aandag om te luister en te hoor wat 'n vriend vir ons wil sê - 'n glimlag of 'n sagte drukkie, is alles maniere waarop ons sê: "Ek gee om vir jou. Jy is baie belangrik vir my."

Die gedagtes, woorde en dade wat voortbloei uit ons liefdevolle hart, kan al hoe wyer van ons af uitkring, en 'n vriendeliker, liefdevolle wêreld tot gevolg hê.