Daar is vier kersies wat elke dag in jou lewe moet brand. Die name van die kersies is VREDE, GELOOF, LIEFDE en HOOP.
Vrede het gesê: "Daar is soveel bakleiery en woede dat niemand my meer aan die brand kan hou nie."
Liefde het gekla: "Mense verstaan nie meer dat ek 'n noodsaaklike deel van hulle bestaan is nie. Ek sien nie meer 'n doel vir myself nie."
Geloof het bygevoeg: "Ek is nie meer onmisbaar nie, so waarom moeite doen om te bly brand."
Al drie kersies se vlammetjies het doodgegaan.
Maar HOOP skree: "Solank as wat ek brand, kan ek julle al drie aansteek!"
En toe maak hy so! Maak seker dat jou vier kersies ELKE DAG brand!
