Tuesday 31 March 2020

Covid-19-oordenking 5

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die  van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 31 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Monday 30 March 2020

Covid-19-oordenking 4

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word. Die oordenking kan ook afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 30 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Life without God ...


Sunday 29 March 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Danksy die tegnologie, kan ons vandag voortgaan met die erediens ten spyte van die inperking.

'n Paar gedagtes rondom die Lydensweek van Christus word deur ds.Ensie Enslin gewissel.

Klik op die skakel hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die skerm. Die klanklêer kan speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Skriflesing: Matt. 3:13-4:11

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 29 Maart 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Covid-19-oordenking 3

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word. Die oordenking kan ook afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 29 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Saturday 28 March 2020

Covid-19-oordenking 2

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die  van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 28 Maart 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friday 27 March 2020

Covid-19-oordenking 1

Ds. Ensie Enslin gaan elke aand tydens die Covid-19-inperking 'n oordenking lewer om mense te bemoedig en te versterk. Luister gerus daarna.

Klik op die skakel hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App afgelaai word. Die oordenking kan ook afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 27 Maart 2020 (Druk op die woord oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Thursday 26 March 2020

Nasionale Dag van Gebed


Miskien sê die Here vir ons ...

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Mens, jy is nie so in beheer van die wêreld soos wat jy dink nie, jou kassie kan binne dae geskud word.

Miskien sê die Here vir ons: Respekteer die natuur, pas dit op, versorg dit, maar luister ook daarna.

Miskien sê die Here vir ons: Ek gaan jou vir 'n rukkie uit hierdie rotresies haal waarin jy so magteloos vasgevang is, en Ek gaan jou dwing om rustig te wees. 

Miskien sê die Here vir ons: Gebruik hierdie tyd nuttig en leer weer jou mense ken, spandeer hierdie tyd wys en kom nader aan mekaar. 

Miskien sê die Here vir ons: Mens, jy gaan sien dat jou geld en weelde jou niks help in sulke tye nie, en jou geld (en Mammon) gaan vir 'n rukkie tweede viool moet speel. 

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Leer om vir 'n rukkie minimalisties te leef, en sien raak hoeveel vrede daar in jou gemoed kan wees as jy bietjie sonder jou weelde moet klaar kom. 

Miskien sê die Here vir ons: Besef dat jou waardes maklik deur die genietinge van die wêreld negatief kan verander, en dink bietjie na oor wat regtig belangrik is in die lewe. 

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Mens, oppas dat jou selfsug nie ander tot nadeel strek nie, daar is genoeg vir almal, gun ander ook 'n stukkie brood. 

Miskien sê die Here vir ons: Mens, daar is mense wie Ek op jou pad gaan stuur, help hulle as hulle middele opgeraak het, Ek sal jou vergoed daarvoor. 

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Ek wil hê dat daar weer eensgesindheid onder My mense kom, reg oor die wêreld, veg saam teen hierdie onsigbare gemeenskaplike vyand, dit gaan julle sterker maak. 

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Dink weer kreatief, kom uit daardie gemaksone, jy is tot meer in staat as wat jy dink. 

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Mens, as jy na My soek in hierdie tyd, kyk op en sien My raak, Ek het jou nie verlaat nie, Ek hou jou steeds in die holte van My hand en Ek beskerm jou. Ek is steeds op my troon. 

Miskien sê die Here vir ons: Al gaan jy ook deur 'n dal van doodskaduwee, moenie vrees nie, My hand is uitgesteek, vat dit net. 

Miskien vra die Here vir ons in hierdie tyd: Mens, kan jy sien hoe jy nog altyd kla met die wit brood onder die arm? Hou op daarmee.

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Ek ontferm my gou weer, dis alles binnekort verby.

Miskien sê die Here vir ons in hierdie tyd: Jy gaan vir my dank vir die goeie goed wat hieruit gaan vloei, Ek is besig om jou te leer en jy gaan dalk op 'n nuwe pad begin as alles verby is.

Miskien sê die Here niks van hierdie goed nie, miskien is dit maar net my eie gedagtes, maar dis waaraan ek vashou in hierdie tyd... Aan Hom.
(Skrywer onbekend)

Baie dankie aan Meisie de Koker wat hierdie stukkie gestuur het sodat dit met almal in die gemeente gedeel kan word. Dit stem ons almal tot nadenke.

Monday 2 March 2020