Showing posts with label Dood. Show all posts
Showing posts with label Dood. Show all posts

Monday, 11 August 2025

Mandjie Hoop: Bekeringsoomblik

Toegang tot die hemel
is nie in die uur van ons dood nie,
maar die oomblik van ons bekering.

- Benjamin Whichcote (1609 – 1683) -

Friday, 25 July 2025

Geen tyd ...

Ons probeer om God te beperk tot binne die kerk op 'n Sondagoggend ...
Miskien ook Sondagaand ... 
En binne die onwaarskynlike diens op 'n weeksdag.

In tye van siekte, wil ons hom graag daar hê ...
En, natuurlik, by begrafnisse.

Nietemin, gedurende werktyd en wanneer ontspan word, 
het ons nie vir Hom tyd of plek nie ...
Daardie deel van ons lewens, na ons mening ... 
Kán ons, en behoort ons, self te behartig.

Mag God my vergewe dat ek ooit so gedink het ...
Dat daar 'n tyd en 'n plek is waar HY nie die EERSTE plek in my lewe moet inneem nie.

Ons behoort voortdurend tyd te hê om alles in herinnering te roep wat HY vir ons gedoen het.
Jesus het gesê: "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader..." (Mar. 8:38 ).
Ja, ek hét God lief.
HY is die bron van my bestaan en my Redder.
Hy hou my funksioneel elke en iedere dag.
Sonder Hom sal ek niks wees nie.
Sonder Hom is ek 'n nul.
Maar, ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil. 4:13).

*DIE GEDIG** *

Ek het gekniel om te bid,
maar soveel het my te doen gestaan,
dus was dit van korte duur.

Ek moes my na my werkplek haas,
anders kon dié aan wie ek iets skuld, my aangluur.
Derhalwe het ek gekniel, gou 'n gebed gedoen;

en vinnig van my knieë opgestaan.
My Christelike plig was tog nou nagekom,
so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.

Die ganse dag het die tyd ontbreek om 'n woord van
bemoediging teenoor iemand te spreek.
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
hulle kon met my die draak steek.
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
dit was my voortdurende klaaglied.
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
maar eindelik baie tyd: dít wat die dood aan my bied.

Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
en daar moes ek staan en bewe,
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
dit was die Boek van die Lewe.
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie,"
sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf,
maar die tyd daarvoor het ontbreek."

Thursday, 19 June 2025

Troosdiens: Rinus Slabbert

PLEK:
NG Gemeente Dutoitspan

DATUM:
20 Junie 2025

TYD:
11:30

PREDIKER:
Ds. Ensie Enslin 

Thursday, 12 June 2025

'n Kers vir Rinus Slabbert

Ewigheid

Iewers is dit als verby
en staan jy wat agterbly
vir lank verslae, verstom, verpletter …
Verblind!

Want sien jy my dan nie dwaal
deur die melkweg nie?
En voel jy nie hoe waai
my asem in die winde nie?
Hoor jy nie my fluisterstem
oor veld en vleiland nie?

Jy bly soek my
tussen klip en steen
en jy mis my -
jy mis my

waar ek oor jou reën …

[Digter: Braam Oberholzer]

Die troosdiens van Rinus Slabbert vind 20 Junie 2025 om 11:30 plaas. Die diens sal deur ds. Ensie Enslin gehou word. 'n Groot boom het in Dutoitspan-gemeente geval. Ons sal Rinus onthou as die omgeemens met die groot hart vir wie geen taak te groot of te onmoontlik was nie. Uitreik was 'n natuurlike reaksie, terwyl sy linkerhand nie geweet het wat sy regterhand doen nie. 

Ons bid vir Selma, die kinders en kleinkinders troos toe in hierdie hartseertyd.

Saturday, 12 April 2025

Koesterende genade vir die Le Roux-gesin met die afsterwe van 'n geliefde eggenoot, pa en oupa


Piet le Roux saam met sy kleindogter Lisa.
Wanneer dit tyd word om te groet,
kan ons dit doen met die wete dat die Here in beheer is
en dat sy tydsberekening volmaak is.

Friday, 11 April 2025

'n Kers vir Piet le Roux

Hier aan die einde van my lewenspad
Het die son vir my finaal gesak,
Maar moenie huil en treur oor my 
O nee, wees bly: My siel is vry.

Mis my 'n rukkie - maar nie vir lank
met kop omhoog en geen hartseer klank.
Onthou hoe het herinneringe ons lewenspad gebaan
Mis my - maar laat my gaan.

Hierdie pad moet ons alleen stap en alleen
moet ons elke die tog aanpak.
Dit is alles deel van God se Meesterplan op pad
na waar die ewige die tydelike vervang.

So wanneer julle eensaam en hartseer voel,
laat vriende en familie se liefde en troos hul oorspoel.
In goed doen aan ander kan g'n droefheid bly staan 
Mis my - maar laat my gaan.

Dit is met harseer dat ons die gemeente inlig van Piet le Roux se afsterwe gisteraand. Ons sal hom onthou as die medic van die gemeente, wat op die kerkraad gedien het en ook betrokke was by die gesinsbedieningsgroep. 

Ons bid vir Bets, Gerhard en Johan troos toe in hierdie hartseertyd.

Tuesday, 18 March 2025

Lief en leed: Ons groet vir Antoinette van Sally Aucamp

Deel van Sally Aucamp se Nuwejaarswense in 2023
Wat ek is, is net genade,
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.

[Gebed van Koos du Plessis]

’n Geliefde inwoner van Sally Aucamp, Antoinette, is Vrydagmiddag oorlede.

Die troosdiens word môre, 19 Maart, deur ds. Ensie gelei. Innige meegevoel aan haar naasbestaandes.

Rus in vrede, liewe Antoinette.

Thursday, 9 January 2025

Dink hieroor: Hartseer maar to só waar


Ons kla oor grys hare -
'n kankerpasiënt wens sy het hare gehad!

Ons kla oor nuwe skoene -
die gestremde wens hy het voete gehad!

Ons gooi kos weg -
honger mense bid net vir stukkie brood!

Ons baklei met ons geliefdes -
êrens in die lewe sit iemand alleen en bid vir liefde om oor hulle pad te kom!

Ons ouers irriteer ons soms of ons opinies verskil -
maar êrens in 'n ouetehuis sit ou mense en bid vir 'n kuiertjie van hul kinders wat hulle weggegooi het!

Ons baklei met ons kinders en ons kinders met ons -
êrens sit n ma of 'n kind by 'n graf en ween en wens net vir nog een dag saam met daardie persoon!

Ons bekommer onsself oor watse geskenk ons gaan kry of koop -
êrens sit n ma en bid dat sy net die Kersfees 'n brood en 'n bottel aanmaakkoeldrank en miskien 'n stukkie hoender vir haar kinders kan voorsit! Wat nog te sê 'n geskenk?

Ons kla oor vet of maer wees -
êrens veg iemand om oorlewing en wag vir 'n orgaan!

Wees dankbaar vir wat jy het,
wie in jou lewe is en 
wees tog geduldig en 
klaar dinge uit op 'n mooi manier!

Dink oor hoe geseënd jy is en
hoe jy dinge sommer maar net verwag omdat dit jou toekom!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!
Hartsake en liefde is meer werd as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Die dood is so finaal,
maak die beste van jou en
jou geliefdes se lewe!!!

Sunday, 17 November 2024

Gedig: Monique Grové

Ons haal graag Mary Frye vir Monique aan:

Moenie by my graf staan en huil nie.
Ek is nie daar nie ...
Ek is 'n duisend winde wat waai.
Ek is die diamantglinsters op die sneeu.
Ek is die sonlig op ryp graan.
Ek is die sagte herfsreën.
Ek is die sang van voëls met dagbreek.
Ek is die sterre wat snags skyn.
Moenie by my graf staan ​​en huil nie.
Ek is nie daar nie ...

Mag GOD vir Willem, Dalene, Enrique en die familie die genade en krag gee om hierdie opdraande pad tree vir tree aan te pak. Koester haar in julle hart en dagtes en mag Jesus elkeen met Sy koesterende genade troos. Só baie sterkte! Ons bid vir julle!

Monday, 7 October 2024

Wie is dood?

Ek lees dat Martin Luther ’n baie sensitiewe persoonlikheid gehad het. Gevolglik het hy van tyd tot tyd baie negatief en selfs depressief geraak. Volgens oorlewering kon dit vir ’n rukkie aanhou. 

So, op ’n keer toe dit weer gelyk het of hy nie uit hierdie gat kon kom nie, het sy vrou hoogs gefrustreerd een oggend na die ontbyttafel toe gekom met ’n swart band om haar arm, soos dit destyds die gewoonte was om te doen wanneer iemand gesterf het. 

“Wie is dood,” het Luther gevra? 

“Wel,” was haar antwoord, “soos jy die afgelope tyd optree, is ek seker jou God moet dood wees.” Dit het gewerk!

Weet jy, net so lewe ons baie keer met swart roubandjies asof God dood is! Ons praat baie keer asof ons God dood is! Ons gesigte wys baie keer dat God dood is! Ons moraal getuig baie keer daarvan dat ons God dood is!
 
Staan uit die gat van moedeloosheid op omdat God koning is! En omdat julle Koning lewe!

Sunday, 24 March 2024

Die wetenskaplike dood van Jesus

Jesus se Dood - 60 sekondes se lees om te verstaan ​​wat God se bedoeling met jou lewe is ...

Op die ouderdom van 33 is Jesus tot die doodstraf veroordeel.

Destyds was kruisiging die "ergste" dood. Net die ergste misdadigers is veroordeel om gekruisig te word. Jesus sou deur Sy hande en voete aan die kruis vasgespyker word.

Elke spyker was 6 tot 8 duim lank. Die spykers is in Sy pols ingeslaan. Nie in Sy handpalms soos wat algemeen uitgebeeld word nie. Daar is 'n sening in die pols wat tot by die skouer strek.
Die Romeinse wagte het geweet dat wanneer die spykers in die pols geslaan word, daardie sening sou skeur en breek, wat Jesus sou dwing om Sy rugspiere te gebruik om homself te ondersteun sodat Hy kon asemhaal.

Albei Sy voete was aanmekaar vasgespyker. So was Hy gedwing om Homself te ondersteun op die enkele spyker wat Sy voete aan die kruis vasgespel het. Jesus kon homself nie met Sy bene ondersteun nie as gevolg van die pyn, so Hy was gedwing om af te wissel tussen om sy rug te buig en dan sy bene te gebruik net om aan te hou asemhaal. Stel jou die stryd, die pyn, die lyding, die moed voor.

Jesus het hierdie werklikheid vir meer as 3 ure verduur.

Ja, meer as 3 ure! Kan jy jou hierdie soort lyding voorstel? ’n Paar minute voor Hy gesterf het, het Jesus opgehou bloei. Hy het bloot water uit sy wonde gegooi.

Van algemene beelde sien ons wonde aan Sy hande en voete en selfs die spieswond aan Sy sy... Maar besef ons Sy wonde is eintlik in sy liggaam gemaak. 'n Hamer wat groot spykers deur die pols slaan, die voete het oorvleuel, en 'n ewe groot spyker het deur die boë gehamer, toe het 'n Romeinse wag Sy sy met 'n spies deurboor.

Maar voor die spykers en die spies is Jesus geslaan en geslaan. Die sweepslag was so erg dat dit die vlees van Sy liggaam geskeur het. Die pak slae so verskriklik dat Sy gesig geskeur is en sy baard het van sy aangesig geskeur. Die doringkroon het diep in Sy kopvel gesny. Die meeste mans sou nie hierdie marteling oorleef het nie.

Hy het nie meer bloed gehad om uit te bloei nie, net water het uit Sy wonde gegiet. Die menslike volwasse liggaam bevat ongeveer 5 liter bloed.

Jesus het al 5 liter van sy bloed uitgegooi; Hy het drie spykers in Sy lede laat slaan;
'n doringkroon op Sy kop en verder, 'n Romeinse soldaat wat 'n spies in Sy sy gesteek het.

Hy het Sy lyding en vernedering aanvaar soos 'n lam gelei om geslag te word. Hy het sy eie kruis vir amper 2 kilometer gedra het, terwyl die skare in sy gesig gespoeg en klippe gegooi het (die kruis was amper 30 kg gewig, net vir dwarsbalk, waar Sy hande vasgespyker was).

Jesus moes hierdie ervaring verduur, sodat ons vrye toegang tot God kan hê.

Sodat ons sondes “weggewas” kon word. Almal van hulle, met geen uitsondering nie!

JESUS ​​CHRISTUS HET VIR ONS GESTERF!

Hy het vir ons gesterf! Dit is maklik om grappies en vals getuieverklarings per e-pos deur te gee, maar as dit by God kom, voel ons soms skaam om na ander aan te stuur omdat ons bekommerd is oor wat hulle van ons mag dink.

60 sekondes saam met God ...

[Dankie, Ria, vir die deel van hierdie gedeelte.] 

Friday, 19 May 2023

Lief en leed: Ons groet vir John O'Ehley


Wat ek is, is net genade,
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]

’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.

Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer. 

Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy die laaste ruk nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en die tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal. 

Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.

Rus in vrede, liewe oom John.

Wednesday, 13 July 2022

Die Tas

'n Man sterf en toe hy dit besef, sien hy God naderkom met 'n tas in Sy hand.
God sê: "Seun, dit is tyd om te gaan."
Verbaas reageer die man: "Nou? So gou? Ek het baie planne gehad ..."
"Ek is jammer, maar dit is tyd om te gaan."
"Wat het U in die tas?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Jou besittings."
"My besittings? Bedoel U my goed, my klere, my geld?"
God het geantwoord: "Daardie dinge het nie aan jou behoort nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my herinneringe?" het die man gevra.
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Tydsggebonde."
"Is dit my talente?"
God het geantwoord: "Dit het nooit aan jou behoort nie. Dit was Bykomstigheidsgebonde."
"Is dit my familie of vriende?"
God het geantwoord: "Ek is jammer, hulle was nooit joune nie, hulle was Omstandigheidsgebonde."
"Is dit my vrou of my seun of my dogter?"
God het geantwoord: "Hulle was nooit joune nie. Hulle was Hartsgebonde."
"Is dit my liggaam?"
God het geantwoord: "Dit was nooit joune nie. Dit was Aardsgebonde."
"Is dit my siel?"
God het geantwoord: "Nee, dit behoort aan My."

Gevul met vrees, het die man die tas van God geneem en dit oopgemaak net om te vind dat die tas leeg was.

Met 'n traan wat oor sy wang loop, het die man gevra: "Het ek nooit iets gehad het nie???"
God het geantwoord: "Dit is korrek, elke oomblik wat jy geleef het was joune."

Die lewe is net 'n oomblik, 'n oomblik wat aan jou behoort. Daarom, lewe die lewe terwyl jy dit het.
Moenie dat enigiets wat jy dink aan jou behoort jou verhoed om te lewe nie.
- Lewe nou.
- Lewe elke oomblik voluit.
- Moenie vergeet om gelukkig te wees nie, dit is die enigste ding wat saakmaak.
- Materiële dinge en alle ander dinge waarvoor jy geswoeg en baklei het, bly agter.

- JY KAN NIKS SAAMVAT NIE.