Friday, 25 July 2025

Geen tyd ...

Ons probeer om God te beperk tot binne die kerk op 'n Sondagoggend ...
Miskien ook Sondagaand ... 
En binne die onwaarskynlike diens op 'n weeksdag.

In tye van siekte, wil ons hom graag daar hê ...
En, natuurlik, by begrafnisse.

Nietemin, gedurende werktyd en wanneer ontspan word, 
het ons nie vir Hom tyd of plek nie ...
Daardie deel van ons lewens, na ons mening ... 
Kán ons, en behoort ons, self te behartig.

Mag God my vergewe dat ek ooit so gedink het ...
Dat daar 'n tyd en 'n plek is waar HY nie die EERSTE plek in my lewe moet inneem nie.

Ons behoort voortdurend tyd te hê om alles in herinnering te roep wat HY vir ons gedoen het.
Jesus het gesê: "Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader..." (Mar. 8:38 ).
Ja, ek hét God lief.
HY is die bron van my bestaan en my Redder.
Hy hou my funksioneel elke en iedere dag.
Sonder Hom sal ek niks wees nie.
Sonder Hom is ek 'n nul.
Maar, ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil. 4:13).

*DIE GEDIG** *

Ek het gekniel om te bid,
maar soveel het my te doen gestaan,
dus was dit van korte duur.

Ek moes my na my werkplek haas,
anders kon dié aan wie ek iets skuld, my aangluur.
Derhalwe het ek gekniel, gou 'n gebed gedoen;

en vinnig van my knieë opgestaan.
My Christelike plig was tog nou nagekom,
so my siel kon in rustigheid weer voortbestaan.

Die ganse dag het die tyd ontbreek om 'n woord van
bemoediging teenoor iemand te spreek.
Geen tyd is gemaak om met vriende oor Christus te praat -
hulle kon met my die draak steek.
Geen tyd, geen tyd, te veel om te doen,
dit was my voortdurende klaaglied.
Geen tyd afgestaan aan siele in nood,
maar eindelik baie tyd: dít wat die dood aan my bied.

Met neergeslane oë het ek voor die Here verskyn
en daar moes ek staan en bewe,
Want in Sy hand het God 'n boek gehad:
dit was die Boek van die Lewe.
"Jou naam verskyn nie in my Boek nie,"
sê God toe Hy met my spreek,
"Ek wou dit op 'n keer neerskryf,
maar die tyd daarvoor het ontbreek."