U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
Om dit te begryp is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
Wat kan daar wees wat jou Skepper nie weet nie?
Alles wat jy nog wil spreek, weet Hy reeds.
Hy beskerm jou van agter en voor; jou vyand word verskrik en kan nie sy hand op jou lê nie, want God lê sy hand op jou.
As stofmaaksels, sal jy nooit kan begryp hoe lief God jou het en hoe wonderbaar God jou geskape het nie.
Dankie Here, U hand wat my geskep het, is op my. U beskerm my en laat my vyand bekaamd staan, teen u almag en kragtige regterhand. U het ook geweet wat ek nou bid, nog voordat ek begin het. Heilige Gees, lei my in gebed en woorde dat ek nie sondig nie, maar my tong sal U verheerlik en vereer tot in ewigheid. Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (vers 23&24). Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]