2 + 3: Hiskia soek opreg die aangesig van God en Jesaja word met nuwe boodskap na Hiskia gestuur.
4 - 7: Hiskia kry 15 jaar tot sy lewe toegevoeg; God sê op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die Here.
8: Hiskia vra vir 'n teken.
11: Die Here laat die skaduwee op die sonnewyser tien grade agteruit beweeg.
Die krag van God is bonatuurlik. God laat selfs die tyd wat Hy geskep het op aarde, terugbeweeg met tien grade, ter wille van die opregte gebed van Hiskia.
God kan die gebed van die opregte sien en selfs die tyd van siekte terughou, en die tyd op aarde laat terug beweeg, ter wille van net een mens.
God en ewige Vader, U alleen is die Almagtige God, wie kan met U vergelyk? Daar is geen God soos U nie. Here ek bid: skep vir my 'n rein hart in my binneste, wat net op U sal vertrou en vernuwe 'n vaste gees in my. Verwerp my nie van u aangesig en laat u Heilige Gees van my nie wyk nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Alleenwyse God aan U alleen bring ek die eer en aanbidding. Amen. (verg. Ps. 51:12-14)
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]