Wednesday, 9 July 2025

Mossiestilte: 1 Tim. 3:16b

God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. 

God se woord, wat alles geskape het, het vlees geword en onder die mense, sy eiendom kom woon. Joh 1:1,3&11
Die Gees het Hom aangekondig. Matt 3:16
Die Gees het soos 'n duif op Hom neergedaal. 
Twee engele het met Martha en Maria gepraat oor die opstanding van Jesus. Luk 23:4-7 & Hand. 1:10-11
Jesus het self aan die Samaritane en die Romeine die woord gebring, en daarna al die apostels vir die res van die heidene.
Daarna is Jesus voor die oë van die mense opgeneem in 'n wolk om aan die regterhand van die Vader verheerlik te word bo alles. Hand 1:9

Dankie, Vader, vir u Seun wat vir my vlees kom sterf het, deur self die vlees te oorwin. Ek glo Jesus is die Seun van God, en dat Hy vir my sondes betaal het. Ek glo dat Jesus vir my 'n weg berei het en deur sy Gees versterk, om hierdie lewenspad te bewandel (Hand. 1:7). Ek glo in die Heilige Gees wat in my woon, wat Jesus vir ons agtergelaat het. Ek weet Jesus het vir my 'n plek berei en kom my haal, om by Hom te wees in die Vader se huis. Aan Hom, al die eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]