Friday, 11 July 2025

Wat is Genade?

Genade is om gebore te word. 
Genade is om deur Sy wil op aarde te wees. 
Genade is om elke oggend wakker te word
en na 'n moeilike dag in die bed te kan klim. 
Genade is om kos op jou bord te kan hê 
en dankbaar te wees daarvoor. 
Genade is om elke oggend jou kop soos 'n gousblom na die son te draai 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag. 
Genade is om elke aand soos 'n daglelie toe te maak 
en dankbaar te wees vir nog 'n dag wat verby is. 
Genade is om gesond te wees. 
Genade is om te vertrou as jy siek word. 
Genade is om dankie te sê elke keer as daar water in jou kraan is 
en elke druppel reën wat val. 
Genade is om jou kleinkinders te sien grootword 
en jou mond te hou as hulle moeilik is. 
Genade is om lief te wees 
en liefgehê te word. 
Genade is om oud te word 
en te wonder waar is my lewe heen. 
Genade is om dankbaar te wees dat jy jou Skepper ken. 
Genade is om 'n werk te hê al is jy so moeg jy wil omval. 
Genade is die grootste geskenk wat jy kan hê. 
Genade is om aan te gaan al lyk die pad vorentoe donker. 
Genade is algehele vertroue op jou Skepper. 
Sy Genade is vir jou genoeg! 
Wees dankbaar! Vir Alles!
Genade onbeskryflik groot!