'n Predikant in 'n besondere vrugbare gemeente het glo een Sondag gesê daar is deesdae soveel babas wat in sy kerk gedoop moet word, dat hy dit oorweeg om sprinkelbesproeiing te laat installeer.
'n Ander jong predikant het nie dieselfde probleem gehad nie. In sy gemeente was daar maar selde babas om te doop. Toe dit uiteindelik vir die eerste keer gebeur, was hy skoon op sy senuwees. Hy bel toe die ouer ervare predikant in die buurdorp en vra hom wat om te doen.
Die predikant verduidelik alles aan hom en sê ook dat hy die gemeente ná die tyd Psalm 128:4 moet laat sing. Dit lui:
"Mag ryke seëninge
uit Sion jou bedou;
mag jy dié goeie dinge
van Sionstad aanskou!
mag jy nog, op jou bede,
'n nakroosseën verkry!
En, God van alle vrede,
mag Isr'els vrede bly!"
uit Sion jou bedou;
mag jy dié goeie dinge
van Sionstad aanskou!
mag jy nog, op jou bede,
'n nakroosseën verkry!
En, God van alle vrede,
mag Isr'els vrede bly!"
Alles het goed gegaan. Maar ongelukkig maak hy toe 'n foutjie met die Psalm en laat die gemeente Psalm 28 vers 4 sing:
"Vergeld hul nou hul bose daad,die vrug van selfgebroude kwaad;
beloon hul na hul werk en sin,
en skink hul eie drank hul in."