Sunday, 6 July 2025

Boodskap: Badwatergeloof

Ek lê in die bad, terwyl die badwater intap en ek kom agter die bad word nie vol nie. Ek sien toe die prop is nie mooi in nie en ek plaas dit in posisie. En daar word die bad toe voller.

Ek dink toe: Hoe simpel van my ... 

Maar God tik my op die skouer en sê: Nee, nie simpel nie. Ek het 'n boodskap vir jou. Om in My te glo en te vertrou, is net soos badwater wat uittap, terwyl die kraan oopgedraai is en die badprop nie ingesit is nie. As jy nie die prop insit nie, sal al die boodskappe en woorde wat Ek vir jou stuur net uitloop en verlore gaan. Jesus, My Seun, is die prop wat jou geloof verseël en wanneer jy Hom in die regte plek plaas, in jou hart, sal My liefde jou meer en meer opvul. Sonder Jesus loop jy leeg.

Wat 'n boodskap! 

Dankie, Vader, dat U my vertrou het met hierdie boodskap.

[Dankie, Rosetta, vir die aanstuur.]